Vrou neem glo eie lewe deur van brug te spring

rivier

Foto: Pixabay.com

ʼn Vrou is dood nadat sy glo haar eie lewe geneem het deur Sondag van die R57-brug af in die Vaalrivier te spring.

Sers. Gertrude Makgale, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die vrou (38) het glo ʼn “selfmoordboodskap” vir haar familie op haar foon gelos voor sy van die brug gespring het.

Makgale het gesê die vrou was alleen ten tyde van die voorval.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê hul paramedici is na die toneel ontbied. “Sy het verdrink en daar was ongelukkig niks wat ons vir haar kon doen nie. Sy is op die toneel dood verklaar. Sy het geen sigbare beserings opgedoen nie,” het Siddall gesê.

Volgens Siddall het twee werknemers van ʼn hotel gesien hoe sy omstreeks 15:00 van die brug val.

Makgale het aan Maroela Media bevestig die oorledene was ʼn werknemer van die Riverside Sun Hotel in Vanderbijlpark.

ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.