Vrou se halfnaak liggaam in veld gevind

Argieffoto: Kent Williamson

Die halfnaak liggaam van ʼn vrou, vermoedelik in haar dertigs, is Donderdagaand deur ʼn veiligheidswag langs ʼn sokkerveld in Botshabelo in die Vrystaat gevind.

Sers. Martin Xuma, woordvoerder van die polisie, sê die veiligheidswag was glo op pad werk toe, toe hy op die vrou se liggaam afkom en het die polisie na die toneel ontbied.

“Die polisie het die liggaam van die vrou langs die veld gevind, asook bloedbevlekte klippe,” sê Xuma.

Hy sê die vrou was in ʼn swart oefeningbroek, ʼn swart-en-blou-trui en swart-en-wit Puma-skoene geklee.

“Die vrou het ʼn donker gelaat en is sowat 1, 7m lank. Haar identiteit is in dié stadium nog nie bekend nie, en enigiemand wat die polisie kan help om die vrou se liggaam te identifiseer en ander inligting te verskaf, kan die polisie kontak.”

Enigeen met inligting kan die polisie kontak by 08600 10111 (misdaadnoodlyn).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Misdaad ·

Misdaad ken geen velkleur maar velkleur is nie ‘n skande. Waarom nie noem aan watter ras ‘n persoon (vermoedelik) behoort? Die kanse dat sy verkrag is is ook (bykans) 100%. Dis hierdie misdaad wat gereeld teenoor vrouens gepleeg word wat uiters weersinswekkend is.

Lee ·

Ai dis verskriklik. Die arme vroe. Hoop hulle kry die lafaard wat dit aan ‘n vrou doen. Sterkte aan haar familie.

VanAfrika ·

Hulle se half naak, maar sy het n broek, trui en skoene aangehad. Vir my was sy nog behoorlik geklee

Cherokee ·

Die vraag is of swart nou ook ‘n verbode woord geword het in swart Suid Afrika.

Cherokee ·

‘Donker’ blyk die nuwe woord te wees om as swart vertolk te word. Julle weet nie hoe lag ons vir julle nie want wit is wit en swart is swart. Tussen in is bruin en ander kleure by die miljoene. As ek net geweet het hoe om ‘wake up’ in Afrikaans te sê, sou dit my voorstel gewees het.

Michael ·

Ek stem 100% saam en hoe belaglik is dit nie en gaan kyk maar wie propageer dit net die afrikaanse media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.