Vrou se ontbinde lyk gevind

plaas-polisie-veld

Argieffoto

Die 32-jarige kêrel van ʼn vrou van Lephalale (Ellisras) verskyn Maandag in die hof nadat haar ontbinde liggaam oor die naweek gevind is.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê inwoners het op die vrou, Catherine Mokobe (34), se liggaam in ʼn veld naby die Shongwane-nedersetting buite Lephalale afgekom en die polisie ontbied.

“Haar liggaam was reeds in ʼn fase van ontbinding. Sy was nooit voor die gru-vonds as vermis aangemeld nie,” het Ngoepe gesê.

Hy het gesê die motief vir haar moord is onbekend, maar hou moontlik verband met huishoudelike geweld. “Nadere ondersoek sal egter gedoen word om dit vas te stel.”

Haar kêrel is in verband met haar moord in hegtenis geneem. Hy moet in die Mokerong-landdroshof op aanklag van moord verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Leahim ·

Maandae is moord dag in SA meestal plaasmoorde van die naweek dit is hartseer want toe ek op skool was was Donderdae coke dag en moord het net in films en “murder she wrote” gebeur.

$ ·

Dis so waar. En in daai stories was daar nooit iets soos “the perfect murder” nie; die moordenaar het altyd êrens ‘n spoor gelos wat hom laat vang het al het hy gedink hy sou wegkom daarmee.

Die Suid-Afrika van vandag is só ver verwyderd van daai stories; soveel moordenaars kom weg net om weer en weer te moor; selfs al los hulle spore )-:

snoefie ·

julle moenie vergeet nie, Jessica Fletcher, Yster Swart, Columbo en kie was almal wit. vur hulle was moord Moord. of dit nou op n plaasboer, stadsbewoner of STATsbewoner was, hulle get hullevwerk gedoen.

Alida ·

Dit sou wonderlik gewees het as ons ‘n paar Columbo’s in SA gehad het. Skerper as ‘n skeermeslemmetjie !!!

Cherokee ·

So wat probeer jy sê as jy in die geskiedenis moet delf om enkele wit name uit te grawe. Wanneer jy na swart name verwys hoef jy nie opspoorwerk te doen nie. Lees koerantberigte.

Catherine ·

Julle laat my terug verlang na goeie ou dae. Vandag se tv speurprente is so morsig. Kyk liewer net realistiese flieks.

Toppie ·

Regstellende aksie maak nie weer die dooies lewendig nie, maar sit oortreders by KFC in die selle .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.