Vrou se ‘verkragter’ weer vas

Blackie van den Berg kort na die aanval. Foto: Verskaf

Die man wat daarvan verdink word dat hy Blackie van den Berg (61) vroeër vandeesmaand op haar plaas tussen Sannieshof en Ottosdal in Noordwes oorval, erg aangerand en verkrag het, is weer agter tralies.

Die 21-jarige verdagte, wie se identiteit weerhou moet word tot hy in die hof gepleit het, is Saterdag op ʼn plaas in die Sannieshof-omgewing opgemerk nadat foto’s van die ontsnaptes in die media en wyd op sosiale media versprei is.

“ʼn Man wat op ʼn plaas werk het die verdagte herken en die polisie ontbied. Hy is in die vroeë oggendure in hegtenis geneem,” het kol. Emelda Setlhako, provinsiale polisiewoordvoerder, Maandag gesê.

Maroela Media het vroeër berig dié man en twee vermeende plaasaanvallers het Dinsdag omstreeks 05:30 uit die aanhoudingselle van die Sannieshof-polisiestasie ontsnap waar hulle aangehou is in verband met twee wrede plaasaanvalle in die omgewing.

Die soektog duur steeds voort na Knowledge Nyathi (36) en Zakaria Nyalimathe (34).

Nyathi en Nyalimathe staan albei tereg op aanklagte van huisroof, verkragting en twee afsonderlike aanklagte van moord. “Die omstandighede rakende hul ontsnapping word nog ondersoek. Die polisie, in samewerking met die gemeenskap, volg alle leidrade op om die verdagtes op te spoor,” het Setlhako gesê.

Setlhako het gesê die 21-jarige verdagte wat tereg staan op aanklagte van huisroof en verkragting, gaan nou ook van die ontsnapping uit wettige aanhouding aangekla word.

BC en Marlette Greyling. Foto: Verskaf

Nyathi en Nyalimathe, was glo betrokke by die moord en aanval op BC Greyling (59), sy vrou, Marlette (57), en BC se ma, Magdaleen Greyling (87). Die gesin het op 16 Mei die aand aan tafel gesit en aandete eet terwyl hulle nuus gekyk het. BC in trompop in die bors geskiet en is op die toneel dood. Marlette is tydens die voorval in haar regterblad geskiet en moes hospitaalsorg ontvang. Magdaleen het na die sitkamer gevlug en onder ʼn tafel weggekruip en was ongedeerd.

Nyathi, Nyalimathe, France Kubone (26), Tebogo Mogolotsane (28), Small Mokgele (29), en Joseph Zakenya (32) is op 18 Mei in Sannieshof en Ottosdal in hegtenis geneem ná ʼn uitgebreide ondersoek. Een van hulle wat glo net gehelp het met vervoer, is op borgtog vrygelaat. Die res was egter nog in aanhouding.

Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om op die uitkyk te wees vir die verdagtes en hulle as gevaarlik te beskou. Enigiemand wat die ontsnaptes sien of weet waar hulle is, word versoek om ao. Markus Ferreira by 082 373 8250 of die naaste polisiestasie te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Simon ·

“verkragter” ons weet hy is, kom ons kyk hoelank die fantastiese saps die keer hul kan inhou. Dit was mos maar n crime teen n witvrou, nie hoog op die lys nie.

Jordaan ·

Ek wonder ook waarom die aanhalingstekens in die opskrif?

Great werker ·

Great werker en nog oplettend ook, dankie vir jou aandeel, jy maak ons opgewonde vir reg en geregtigheid. SAPS jul het nou ‘n uitdaging om hom nie te laat onstnap, as dit weer gebeur, is daar meer in die ontsnapping en krimineel.

Michael ·

Hoekom word die “”” verkragter “” sê ras nie bekendgemaak soos die vorige artikel waar spesifiek bekend gemaak word dat n wit man verantwoordelik was vir die moskee voorval in Engeland nie??

Johann cb ·

Maak die verkragter se identiteit bekend – die slagoffer se identiteit word altyd bekend gemaak! Verander dan die Wet om dit só aan te pas! Die slagoffer is ongelukkig altyd die swakste daaraan toe…
Miskien moet AfriForum intree…
Adv Gerrie Nel, help asseblief!

FM ·

Die ontsnaptes moet eerder weghardloop. As hulle in die hande gekry word deur gewone mense sal hulle nooit weer die son sien skyn nie en niemand sal weet wat van hulle geword het nie. So, uitvaagsels, wees gewaarsku!!!!

popeye ·

Hierdie gespuis is in die tydperk van bevryding in RSA gebore. Gaan hulle apartheid nou weer die skuld gee? Kom ons kyk, ons hou fyn dop!

Lida ·

As hulle hom die eerste keer ordentlik toegesluit het het hulle nie tyd gemors om hom te soek nie en kon aandag skenk aan ander sake. Vieslike skande. Maak sy identiteit en ras bekend. Die media is bang vir iets. Nugter weet waarvoor. Hoekom kan die arme wit tannie se foto gewys word maar die vark wat dit gedoen het word beskerm.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.