Vrou sterf in Randfontein-botsing

Twee motors het Maandagaand in Randfontein, Gauteng, gebots. Foto: Netcare 911

Twee motors het Maandagaand in Randfontein, Gauteng, gebots. Foto: Netcare 911

ʼn Vrou in haar 30’s is dood en sewe mense beseer nadat twee motors Maandagaand in Randfontein, Gauteng, gebots het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 19:40 in Mainreefweg plaasgevind.

“ʼn Toyota Corolla en ʼn Tata Indica was in die botsing betrokke. Die oorsaak daarvan is nie dadelik bekend nie en word deur die polisie ondersoek,” het Mathe gesê. “Die vrou wat gesterf het, was ʼn passasier in die Corolla. Sy is op die toneel dood verklaar.”

Twee mense het kritieke beserings opgedoen en vyf mense beserings wat strek van gering tot matig. Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.