Vrou sterf ná trein haar tref

Foto: Netcare 911

ʼn Vrou van Bloemfontein in die Vrystaat, vermoedelik in haar veertigs, is Vrydagmiddag oorlede ná ʼn trein haar getref het.

Chris Botha, Netcare 911-woordvoerder, sê die vrou het na bewering langs die treinspoor in Stalsweg, Gardenia Park, gestap toe die trein haar van agter getref het.

Botha sê die vrou was reeds dood met die aankoms van die nooddienste op die toneel.

Meer inligting oor die voorval is nie bekend nie.

ʼn Polisieondersoek na die voorval duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Benita ·

Wat n pragtige gebaar. Verloor alles maar bekommerd hul oor die wilde voels…
.

Koos ·

Dat volwasse mense sulke simpel goed aanvang. Werklik. My hart gaan uit na die trauma van die masjinis. Hy het net sy werk gedoen.

snoefie ·

wat leer dit die kinders? hoe het mense deesdae vryer toegang tot die treinspore? is daar nie meer waarskuwings op nie?

Christine ·

Werklik. Stalsweg loop nie langs n spoor nie die berig moes lees spoor lyn langs Mongomerieweg in Wilgehofwes en nie Gardiniapark nie daar is nie n spoorlyn nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.