Vrou sterf ook ná aanval by huis

Die toneel in 12de Laan waar Corrie Visser en sy vrou Gerrie aangeval is (Foto aan Maroela Media verskaf deur die SAPD)

Die toneel in 12de Laan waar Corrie Visser en sy vrou Gerrie aangeval is (Foto aan Maroela Media verskaf deur die SAPD)

Gerrie Visser (78) is in die hospitaal oorlede, ʼn week nadat haar man in hul huis in die Pretoria se Moot-gebied vermoor is.

Kapt. Coba Brits, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig Visser is Dinsdag oorlede. Haar man, Corrie Visser (75) se liggaam, is presies ʼn week gelede op Dinsdag 27 Desember agter in sy erf by hul huis in 12de Laan gevind. Gerrie het teen ʼn hek in die erf gekap en so die bure se aandag getrek om hulp te ontbied.

“Die egpaar was alleen by die huis toe hulle oorval is. Hulle het albei steekwonde opgedoen en Corrie is ook met ʼn stomp voorwerp oor die kop geslaan,” het Brits verduidelik. Corrie is op die toneel dood verklaar. Gerrie is na die voorval in die Eugene Marais-hospitaal opgeneem, waar sy twee beroertes gehad het.

Volgens Brits is niemand al in hegtenis geneem in verband met die voorval nie en gaan die ondersoek voort. Enigiemand met verdere inligting kan ao. Louis Hoffmann kontak by 083 650 0820.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Nico Strydom ·

Dagsê Johan
Jammer vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.
Vriendelike groete

Vickey ·

DIE VLOEKE KAN MOOR EN STEEL SOOS HULLE WILL MAAR DOEN JY DIT SLUIT HULLE JIU TOE.

DPJ ·

Dit is tragies dat beide bejaardes met ‘n aanval oorlede is. Mag die polisie gou die krimeneel/e vas trek.

Blommie ·

Maroela, stel datum reg. Week gelede was 27 Desember nie November.

Nico Strydom ·

Dagsê Blommie
Jammer vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.
Vriendelike groete

KP ·

Dit is nog net die 3 Des en so gaan die moord slagting op die wittes maar net nog aan.
Sal graag statistieke wil sien oor watter persentasie moordenaars word aangekeer en suksesvol vervolg, veral waar blankes die slagoffer was.

leon ·

Ek ook maar dit sal nooit gebeur nie hulle moet dan sommer aandui hoeveel wit vermoor swart sodat die wereld kan sien wie vermoor wie brutaal

Erika ·

Dit is so hartseer. As ek hierdie berigte lees raak ek so benoud…..wat le vir ons voor in 2017 as ons soveel aanvalle in 2016 beleef het. En ek twyfel of ons van al die aanvalle hoor. Sal graag wil weet hoeveel aanvalle daar werk like was.

Leon ·

Moet nie benoud raak nie, Erika. Dis die vyand se eerste oorwinning- om vrees by hul toekomstige slagoffers te kweek. Wees sterk en vreesloos- dis wat hul nie te wagte is nie. Ons sal oorwin. Ongelukkig is daar altyd ongevalle en sterftes in ‘n oorlog. Sodra mens daarmee vrede maak, kan mens rasionele planne beraam om die vyand te uitoorlê, en oorwin.

Koos ·

Ons afrikaners moet nog wakker skrik. Kry eerstens n goeie hond in die huis wat jou kan verdedig en word paraat. Paraatheid beteken n hele paar dinge. Google dit!!!

Retha ·

Ja Koos..ons was in presies dieselfde situasie. Pasop wat jy se. Totdat jy in so situasie beland. My man oorlede..ek was magteloos.

t ·

Retha, ons kan teen hierdie tyd al aanvaar dat die filemone nie daar is om tee en koekies te kom nuttig nie. Hulle is daar om jou DOOD te maak. Jy MOET terug baklei. Hulle gaan jou dood met of sonder terugbaklei. Ek sal nie stilsit nie,

Retha ·

Ek wil dit vir jou duidelik maak. Ons het met alles wat daar was terug baklei..

Ashlee ·

Generaal Leon, die “oorlog” is dan al 20 plus jaar aan die gang!! Wat seg jy tog.

Zet ·

@Koos, partykeer help ‘n goeie hond nie veel as daar iets gespuit word om die inwoners en diere te laat slaap sonder dat hulle bewus is dat daar iemand in hulle huis is. Het sowat 3 weke gelede met my kinders oorgekom.

Wilma ·

Wanneer gaan dit ooit tot ‘n einde kom…daar sal drasties iets aan gedoen moet word. Maar in ons land het kriminele mos meer regte…

Annie ·

Die beste van alles is die wit mense mag nie eers meer n opimie he nie … dan is dit haatspraak@÷%€£ maar die ander kan moor soos hulle wil … vlgs my is die rassemoord … ons is net pionne op die land se skaakbord!!!!

Retha ·

Jammer Ettienne
Alle rasse word oorval..ons is ook oorval in huisroof. Voor dit is 4 swart huisgesinne oorval. Dit raak ons almal.

Piet Pompies ·

Ek stem volkome saam, moord en misdaad in SA raak almal, dit het geen voorkeur.

Kaspaas ·

En so begin 2017 met nog rasse aanvalle teen wittes maar die hoof stroom media skitter in hulle stilte.

Ekke ·

My hart breek oor hierdie berig, en ook oor elke ander wat soortgelyk is wat daagliks gebeur. Ek hou maar by hierdie een sin, aangesien daar so baie is wat ek graag sal wil sê, maar dit geen verskil sal maak aan die pyn en verslaentheid nie. Alle sterkte aan die familie, vriende en kennisse wat hierdie moet verwerk.

Elize Du Plessis ·

RIV Skoonma en skoonpa. Hoop die skuldige een word gevang. Ons gaan jul onsettend baie mis. Dank die Here ons het kersdag geleentheid gehad om saam te kuier en min het ons geweet dit sal die laaste keer wees Lief jul baie xxxxxx

elize stroebel ·

elize my hart gaan uit na julle mag JESUS julle vertroos in die hartseer tyd. sterk staan . riv skoonpa en skoonma..

Adele ·

Ek het die tannie en oom geken en dis hart verskeurend vir my dat sy ook oorlede is! Sy en oom Corrie was fantastiese mense!! My hart gaan uit na hulle familie en vriende! Ek weet nie of tannie Gerrie dit sou kon oorleef sonder oom Corrie nie!

Ek kan onthou, ek was in st 8 en het my alsation gevat vir n vinnige 5 km elke dag en as ook Corrie buite was het hy altyd bietjie gesels met my!

Dis n geweldige groot verlies vir die hele Moot!!

Ek hoop die mense word gevang en baie swaar gestraf, maar ek weet ook hulle sal wel weer vroeg uit opstraat wees om nog van ons mense te vermoor!! Dis so onregverdig! Hulle hele gesin is in my gedagtes en gebede!!

Sonja ·

Elize julle is in my gebede – jammer julle moet soveel hartseer verwerk so kort na mekaar. Mensig maar julle het skerp tonge. Gebruik dit eerder vir positiewe reaksies. Hierdie familie het seer!!

Joande ·

Dis hoekom ek hierdie jaar vir my ‘n pistool gaan kry, die wetters sal nie weet wat hulle tref nie. RIV en sterkte aan die geliefdes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.