Vrou vas oor dwelms in rugsak

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou wat van Sao Paolo, Brasilië, na Suid-Afrika gereis het, is op die Internasionale Lughawe OR Tambo in hegtenis geneem nadat daar dwelms in haar rugsak gevind is.

Sandile Memela, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), het gesê beamptes het besluit om die vrou en haar bagasie te deursoek waarna daar op 7 kg kokaïen ter waarde van R2,1 miljoen afgekom is.

Volgens Memela is wit poeier in ʼn spesiale kompartement van die rugsak gevind en het dit positief getoets vir kokaïen. “Die polisie het die vrou in hegtenis geneem en op die dwelms beslag gelê.”

Die vrou sal binnekort in ʼn hof verskyn op aanklag van dwelmhandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Grap ·

Dit kom voor asof or tambo nou die invoer mecca geword het vir dwelms,gelukkig lyk dit asof die polisie vir ‘n slag hulle werk doen en ek is dankbaar daarvoor.

Knapie ·

Dit is opmerkend hoeveel berigte deesdae die rondtes doen oor dwelmfondse by Jan Smuts. Ek dink nie dit is n skielike vlaag nie. Dink net dit is deel van regering se plan om polisie se beeld te poets. Daar moet nou pertinent in die media melding gemaak word van elke moontlike deurbraak wat die polisie maak.

Frederik ·

As die SAL al die dwelms wat net die afgelope week op OR Tambo gekonfiskeer is verkoop het, was hul finansiële probleme iets van die verlede.

Carel ·

Frederik jy laat my wonder, jy praat soos ‘n dwelm handelaar. ‘n Regdenkende mens besef om nie sulke snert kwyt te raak nie maar ons verstaan hoe jou kop werk.

Vissie ·

Skote Petoors! Laat Suid-Afrika wêreldwyd bekend word daarvoor dat dwelmsmouse hier op elke hoek en draai gevang word, want die goed wat hulle hier insmokkel, is bestem om ons land se jeug tot in die diepste afgrond af te dwing. Al wat nou nog moet gebeur, dis dat die strafste moontlike strawwe aan die skuldiges opgelê word. In sekere ander lande sou hulle die doodstraf kry.

jaco ·

dieselfde polisiemag wat so suksesvol is met die bekamping van dwelmhandel, doen net mooi NIKS as wit boere aangeval en vermoor word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.