Vrou versteek glo dwelms in sjokoladeverpakking

Die Kaapstadse Lughawe. Foto: www.bestcities.net

Die Kaapstadse Lughawe. Foto: www.bestcities.net

ʼn Vrou is Maandag by die Kaapstadse Lughawe in hegtenis geneem nadat dwelms glo in haar bagasie gevind is.

Volgens die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), is 4 kg kokaïen in die vrou se handbagasie gevind. Haar handbagasie was glo vol pakke sjokolade waarvoor sy nie die nodige strokies kon toon nie.

“Beamptes het 200 klein sakkies wit poeier in die houers gevind, wat positief getoets is as kokaïen,” het die SAID gesê. Die dwelms het ʼn straatwaarde van nagenoeg R1,2 miljoen.

Die vrou is in hegtenis geneem en sal na verwagting Woensdag in die Bellville-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Willlie ·

Tragies, en die wat haar betaal daarvoor is skotvry… sy was natuurlik die teiken, en die groot hoeveelheid is deur…….. Ek het al gehoor van Dagga Koekies- maar nog nie van Koien-chokies nie… laat jou seker ook lag?

Ilze ·

Verstommend dat mense nog nie besef jy gaan gevang word nie. Daar is nie iets soos vinnig geldmaak nie.

B ·

Nee wat..sluut haar toe en gooi die sleutels weg.Sy help om ander se lewens te verwoes..

alida ·

As jy dom is moet jy val. Wanneer gaan hulle leer. Die beamptes by die lughawe is nie dom nie en is baie meer oplettend as voorheen.

Joe ·

Nou weet die dwelm smokkelaars, om eers die strokies te bekom(:

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.