Vrou voor verloofde geskiet

Carine van Staden en Johan Harmse. Foto: Via Facebook

Carine van Staden (28), ʼn inwoner van Pretoria, is Donderdag voor haar verloofde glo deur ʼn weermaglid in die noorde van die stad geskiet.

Carine se pa, Johan van Staden (53), het Saterdag aan Maroela Media gesê sy dogter en haar verloofde, Johan Harmse (29), was omstreeks 18:00 van Daspoort op sy BMW-motorfiets op pad na vriende in Montana toe ʼn amptelike weermagvoertuig hulle naby Wonderboom Junction ligtelik getref het.

“Die voertuig, ʼn wit Audi, het weermagnommerplate gehad en ons het intussen vasgestel die jong man wat dit bestuur het, is glo ʼn drywer vir een van die generaals,” het Van Staden gesê.

“Die man het die motorfiets se voetrus getref waarop Carine se voete was en die man het toe net weggejaag,” het hy gesê.

Harmse het ʼn draagbare videokamera aan sy valhelm gehad, dit aangeskakel en die voertuig agterna gesit.

“Die verkeerslig by die hoek van Lavenderweg en Braam Pretoriusstraat was rooi en die man moes stilhou. Carine het afgeklim en hom genader om te hoor hoekom hy weggery het. Hy het bloot net sy deur oopgemaak en ’n pistool reguit in haar bors gedruk en haar ten aanskoue van haar verloofde en ander motoriste geskiet.”

Die man het daarna glo ook sy vuurwapen op Harmse, wat nog op sy motorfiets was, gerig voordat die verkeerslig groen geslaan en hy weggery het. Harmse se video van die voorval is aan die polisie as bewys oorhandig.

Carine is na die George Mukhari-hospitaal gehaas waar sy tans aansterk. “Die koeël het haar hart skrams gemis. Dit is deur haar linkerlong en agter haar rug uit. Haar long het platgeval, maar verder is geen ander organe beskadig nie. Sy is gelukkig ʼn sterk mens en is by haar positiewe. Sy is stabiel en dit gaan goed met haar onder die omstandighede.”

Harmse en Van Staden is ná haar opname na die Sinoville-polisiestasie om die voorval aan te meld. Dit was sowat ʼn uur en ʼn half ná die voorval. Die weermaglid was toe reeds daar en het, aldus Van Staden, aangevoer hy het gedink Carine wou hom kaap. Hy het nooit amptelik ʼn klag aanhangig gemaak nie.

Ao. Johan van Dyk, polisiewoordvoerder, het Saterdag aan Maroela Media bevestig aanvanklik is ʼn klag van die afvuur van ʼn vuurwapen in ʼn openbare gebied en roekelose en nalatige bestuur teen die man aanhangig gemaak voordat hy op waarskuwing vrygelaat is.

“Ons kan bevestig dat die saak intussen na ʼn poging tot moord verander is. Die polisie is besig met verdere ondersoek en is besig om almal se verklarings af te neem, waarna die dossier na die Nasionale Vervolgingsgesag verwys sal word om oor verdere stappe te besluit,” het Van Dyk gesê.

Dit is nie duidelik hoe lank dié prosedures gaan duur nie. Die weermaglid is nog nie in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

78 Kommentare

Eps ·

Was dit ‘n witman wat ‘n swartvrou geskiet dan was hy al lankal toegesluit en borgtog geweier en ‘n skare gehuur om te betoog.

Video was dan viral ·

Ja dan was die video viral en al die media het gegons

Justice ·

“Op waarskuwing vrygelaat” – ek neem dus aan dat die skieter nie `n blanke is nie.

HPV ·

Justice, as dit ‘n blanke was sou hulle hom dadelik in hegtenis geneem het en vir ten minste ses maande sonder verhoor of borgtog aangehou het. Ek hoop Johan het ‘n kopie van die video gehou.

Rechaen ·

Hierdie is belaglik. Skiet sommer net…wie gee om. Gemors.

Cheryl ·

Grenade NEE!!! Dis dan poging tot moord en die weermaglid is nog nie inhegtenis geneem nie… Hoe dan nou?? Hy Kan Mos nie net skiet nie. Ek dink hy praat deur sy ore om te sê hyt gedink hy word gekaap… Daar staan die Dame dan voor hom en hy skiet net. Ag nee die land maak my siek… Maar rand nou iemand aan dan word jy toegesluit…. Siek man lyk my moord en poging tot moord is nie so ernstig soos aanranding nie..

Joe Olivier ·

Cheryl, dit hang weereens af wie die aanranding doen. Party mag dit ook doen, en kom weg daarmee.

Kobus Smit ·

Plaas die video op die openbare media. Dis al wanneer daar reaksie sal wees.

Hendrik van staden (Neef) ·

Ek stem 100% saam Plaas die video op die openbare media. Dis al wanneer daar reaksie sal wees.

Hanna ·

Maar die KFC-manne is dadelik toegesluit? Het ek iets gemis? O ja, ek het vergeet dat blanke jong dames deesdae swartes se motors kaap…. Dis seker hoekom hy geskiet het. Bleddie dubbele standaarde.

What ·

Jy mag nie jou vuurwapen rig tensy jy kan bewys jou of jou naaste bestaande se lewe was in derwkte gevaar nie. Mar ja die reel tel net vir sekere mense.

Withond ·

WAT IS DIE VERSKIL TUSSEN KFC GEVAL EN HIERDIE? RASISTIES? WAAROM WORD DAAR GESÊ BLANKE MANS VAL SWART EGPAAR AAN MAAR HIER WORD DIT GESWYG? DUBBEL STANDAARDE. WE ARE ALL EQUAL BUT SOME ARE MOTE EQUAL THAN OTHERS?

Propoganda ·

Withond slaan die spyker op die kop! Definitief dubbele standaarde!!
Propoganda word veral deur media gesaai want in tale berigte word altyd verwyse na wit/blanke persone en selfs name/vanne gepubliseer. Sodra ‘n swart persoon iets verkeerd doen, word daar nie na ras of name verwys nie.

Charl du Plessis ·

Ek stem saam. Plaas die video in die media. Ek kan amper nie glo wat ek hier gelees het nie. Die mense dink hulle is in die wilde weste.

Pieter ·

Poging tot moord maar nog nie in hegtenis geneem nie?? Hoe verklaar dit? Met die KFC voorval was die ‘beskuldigdes’ nie dadelik gearresteer nie? Of is dit omrede die oorteeder swart is? Hoe ernstiger die misdaad hoe langer neem die geregs ‘proses’ …. soos die vark can ‘n sogenaamde adjunk-minister…. Dit gaan kekker in Suid Zimbabwe!!

Gideon ·

As die persoon wat geskiet het wit was, was hy gearresteer, talle ander klagtes sou bygevoeg gewees het, en borg sou opponeer word. Die polisie sou reeds ‘n taakspan, gelei deur ‘n senior offisier, saamgestel het. Dit is nodig dat die media die onkonsekwente toepassing van die reg uitlig.

14/88 ·

Die media skryf net berigte, hulle is nie hier om vir jou regte te veg nie. Ongelukkig moet ons as burgers dit self doen, maar kom ons wag en kyk hoe word ons volk verder verneder.

Meatloaf ·

Nou vra ek, waarom maar waarom het sy van die motorfiets afgeklim, steeds met haar valhelm op, by n rooi verkeerslig en aan sy motorruit begind hammer!! Ek sou ook gedink het, kaping. Dit gebeur mos aldag daar. Nee man, jammer sy het seer gekry, maar beteul jou woede volgende keer.

Louisa ·

Rerig meatloaf. Hy het dan in hulle vasgery. Hy her presies geweet wie ay was. Regtig!!!!!!!!!!!

14/88 ·

‘n Wit meisie van 24 gaan nie jou militere voertuig wil kaap nie, waar is die logika??

VanAfrika ·

Ek lees weer sy het hom genader en NIE aan sy venster gehamer nie. Of lees ek dalk nou iets mis. Ek sou hom ook genader het, want hy het van n ongeluks toneel weg gery ook. Hy moes gestop het om te sien of daar skade was vir versekerings doeleindes en dat een van hulle nie seer gekry het nie. Wet is wet, hy het dit nie gehoorsaam nie en dan skiet hy haar ook nog.

Jj ·

Wat is die sg weermaglid se naam? Poging tot moord en hy is steeds nie in hegtenis geneem nie?

Bruno Stef ·

Nou toe nou Fikile wys ons nou jou onpartydigheid en arresteer die motorbestuurder voor die son ondergaan op n hele paar aanklagte van roekeloos bestuur tot n poging van moord.Ons verwag ook dat jy op die nuuskanaal dit sal veroordeel as n rassistiese aanval teenoor n weerlose vrou.

AWB ·

Dit is rasse haat en poging tot moord met wraak . jy kan dit vining agter kom

Edward Shawe ·

Eerstends Maroela media is n weermag voertuig nie n amps voertuig nie. Tweedens met so n geval gaan die weermag lid beslis gearesteer word, gekrygsraad word en n siviele saak sal teen hom gemaak word. Die weermag werk streng volgens code of conduct. Ek gee my meegevoel aan die vriende en familie van die dame wat moes ongeld onskuldig deur n onverskillige weermag lid wat nou die weermag se goeie naam in gedrang bring. Soldate van sy kaliber hoort geensins in die samelewing nie.

Anoniem ·

Belaglik. In 2010 was ‘n vriend van my by MacDonald’s Kollenade in die bors geskiet deur ‘n weermaglid en dit was nie eens in die koerant nie. Hy is oorlede oppad hospitaal toe. Lyk my die staat bly maar bo alles. My gebede is met Carine se familie.

Ria ·

Ja en wat van die weermag lid wat die oorsaak was van die dood van n pasgetroude vrou daar naby. Was dronk en oor robot gery en hul geslaan in hul Golf? Lyk my party van vandag se weermag lede is Kamikazi’s…..

Linette ·

@Ria – as dié weermaglede wat so dronk rondry, vuurwapens uitpluk en summier skiet maar net Kamikazi’s WAS – ‘n Kamikazi is iemand met ‘n selfdood-wens – vir vaderlandstrots. Hierdie is SO DUIDELIK weer swart-op-wit-rassehaat en die gevolg daarvan. Of dalk ‘n geval van verplaaste self-belangrikheid en magsug. Hierby gesê, neem ek aan dat die weermaglid swart is en die dame is duidelik blank, soos te sien op haar foto.

Maar dalk het sy ook maar nonsens gaan soek – ons weet mos teen dié tyd ons moenie die swartes konfronteer nie en dat ons blanke mense se aksies onder die vergrootglas dopgehou word. Oe, en dat die raskaart baie, baie vinnig uitgepluk word!

Dit is niks minder as ‘n skreiende skande dat die weermaglid eers later aangekla is van poging tot moord en daaropvolgend in hegtenis geneem is nie. Militêre strafprosedure kan mos later geskied (is dit nie onderhewig aan kriminele strafprosedure nie?).

Willem ·

“Wit boere rand swart werker aan omdat hy hulle uittart, gaan tronk toe en die Ampsrade blameer hulle van moeilikheid makers en moet n voorbeeld gestel word”

“Wit vrou word in die oop en blood geskiet op video deur n weermag man, wat ons moet oppas, en weermag man word nie eers toe gesluit nie”

I rest my Case, and it is not my suitcase…

Wil ·

Sjoe, ek was nou tot in my skoene geskok! Ja asb sit die video op sosiale media dat die ander kan sien dis nie net hulle wat deurloop nie! Maar nee, die video gaan gestop word voor die post knoppie gedruk word.

Sharon Mills ·

Hulle moes eerder nie die kar agtervolg nie nie in die land nie sy kom dood gewees het ek se maar net

zoom zoom ·

As Jy in die weermag is is jy verhewe bo die wet. Jy kan ‘n staats voertuig gebruik vir privaat dinge. Centurion mall lyk soos ‘n weermag basis in die week en al die weermag voertuie laat die mall lyk soos ‘n voertuigpark. Geen beheer oor lede in die weermag. Maak soos hulle wil en kom en gaan soos hulle wil.

Chrisjan ·

Daar moet ‘n klag teen die betrokke polisie van daai polisie stasie aanhangig gemaak word van rassisme want as die situasie andersom was het hulle summier die witman gearristeer.AfriForum kom doen jul werk.

Pierre de Villiers ·

Baie hartseer, maar ons word geleer dat jy in Suid Afrika jou beursie en selfoon moet gee en nie probeer braaf wees nie. Kyk wat het met Johan Botha van 50/50 gebeur. Hy wou ook “braaf” wees, met respek. Dink aan jou en jou geliefde se lewe.

Blondie ·

Dis partykeer makliker gesê as gedaan Pierre! In hierdie land waag jy jou lewe as jy net ‘n brood gaan koop. Jy staan in Spar en die volgende oomblik storm daar 8 tot 10 gewapende rowers in, die deure word toegegooi en al die klante word grond gedwing…..jou beursie, cellfoon & sleutels…alles word gevat. As jy vries van skok word jy pimpel en pers geslaan…..

Michael ·

Dit is die probleem Pierre ons het ontaard in n klomp slapgatte en dit is n groot rede hoekom ons so geboelie word nie , los die rugby wat elke kind moet speel en leer selfverdediging soos akido ,karate ens ons moet in die dorpe en stede paraat word.

14/88 ·

Hoe meer jy swyg, hoe meer gaan daar teen jou gediskrimineer word.

Dg ·

Net die vorige berig is die blanke man wat regtig aangeval is en homself verdedig dadelik in hegtenis geneem maar nie in die geval nie hoewel sy hom nie eers aangeval het nie!!!

Vra maar net ·

Hoe moet ons ons kinders leer om positiewe landsburgers te wees? Ubuntu, dis wat hulle nou leer. Hoe moet ons alles wat gebeur probeer sagkens benader dat ons nie die kinders beinvloed nie? Dis baie moeilik. Ons wittes moet maar net voor ons kyk, nie links nie regs, nie reageer as ander iets doen of se nie, net mooi apatiese korpse wees wat net is …

Haan ·

Mnr Harmse, plaas daardie video op die internet dat mense kan sien wat in ons land aan die gang is. Openlike haat teenoor witmense is aan die orde van die dag

Swartkat ·

Nie dubbel standaarde nie , maar wel Suid Afrika en Afrika standaarde

Gabriel ·

Die skrif is aan die muur vir blankes in SA. So hartseer soos wat dit my maak om te erken – ons tyd hier is verby. Ons is te min om ooit ‘n verskil te maak en word nou as 2de klas burgers gesien. Die enigste opsie is om tasse te pak en ‘n beter lewe in die 1ste wêreld lande te gaan begin. Dit is net afdraende van hier af. Ek voel nie eens soos ‘n verraaier nie – daar is niemand om teen te veg nie, die oorlog is lankal verby.

Meatloaf ·

Gabriel, waarom sal jy dink n “verraaier” is iemand wat hulself in n ander land gaan vestig? Kom nou. So ons voorouers was dus almal n klomp verraaiers. Wie verraai jy?

Andrea ·

Gabriel, ek stem volkome saam. Ongelukkig is jy reg. Ek kan nie ophou dink aan die Jode in Nazi Duitsland nie. Die wat die tekens gesien het en gereageer het, het oorleef. Dié wat gebly het…ons weet wat met hulle gebeur het. Probleem is net: eks te oud om êrens voor te begin.

14/88 ·

Gaan se dit vir die 150 lede van executive outcomes wat ‘n rebelle groep van 15 000 tot die onderhandelings tafel gedwing het.

Swartkat ·

Kleur speel beslis ‘ n rol by wat mens se en doen. Jou kleur bepaal ook of jy toegesluit en vervolg gaan word- en wit is die verkeerde kleur in hierdie land.

Elsje ·

Die boer wat aangeval is en toe die aanvaller gesteek het word toegesluit want die boer is wit en die een wat skiet vir sommer net ………

Fanie Grobler ·

Yip die boer van Mpumalanga wat homself vededig het in aanhouding sonder borg . Seker omdat persoon gesterf het. Poging tot moord net waarskuwing?

Rudolph van Niekerk ·

Ek hoor net krieke van die Afrikaner Bond. Lamsakke…..

Ernst ·

Natuurlik want hulle het die nuwe S.A. geskep. Pik Botha het immers reeds in 1972 aan sy CIA base ‘n swartmeerderheidsregering gewaarborg. In 1974 was die
verligte aksie beweging gestig wat
bestaan het uit 40 lede wat wissel
van ministers, sakelui, akademici, toeloog,
SAW generaals en naspers joernalis wat ten doel gehad om mag te oorhandig!

14/88 ·

Jy is deel van die Afrikaner bond, of praat jy maar net ons taal? As jy praat van die groep, daardie groep bestaan lankal nie meer nie.

Willem Bronkhorst ·

Op waarskuwing vrygelaat! Maar die boer wat sy aanvaller met ‘n mes doodsgesteek het moet vor die naweek sonder borgtog in ‘n sel deurbring! Is daar nog enigeen met verstand wat NIE kan sien wat oop en bloot hier afspeel nie? ENIGEEN!!!

Ontnugter ·

Hoe werk dit dat die weermaglid nog nie inhegtenis geneem is nie!!!

ontstoke!! ·

Was daar OOIT n geval in SA waar n blanke n motor gekaap het?

Andre ·

Was op die baie besige N1 Noord laas Vrydag (ongeveer 15:30 by Hammanskraal) waar die konvooi swart motors met blouligte roekeloos almal verbysteek in die noodbaan en tussen die motorsdeur vleg met militere nommerplate. Die “belangrike” persoon was in ‘n Audi A4. Almal was ingevaar. Ons land word beheer en bedreig deur kriminele.

MD van Nieker ·

Dis nou tyd vir reg en geregtigheid. Hierdie ergste vorm van rasse diskriminasie moet ten sterkste afgekeur en stop gesit word.

ChrisN ·

Alles te danke aan de Klerk en sy gespuis. Sal seker weer nie geplaas word.

Ontnugter ·

As ‘n betalende lid van AfrForum versoek ek vriendelik dat advokaat Gerrie Nel die saak asook soortelyke sake sal behartig want hier word duidelik ‘n president geskep.

CFS ·

Helfte van polisiemag kan nie behoorlik Engels lees nie en is totaal en al onbevoeg,kan net vuurwapen uitruk as iets of iemand hom kwaad maak en gebruik dit dan onverantwoordelik.As hy wit was sou hy dalk doodgeskiet gewees het die oomblik wat hy die polisiestasie betree het.Hoop Maroela volg die saak goed.Sal graag wil sien wat hiervan gaan kom met ons “proaktiewe”minister van polisie.

Ouman ·

Dit is dieselfde polisiestasie waar die KFC voorval gerapporteer is. Baie teleurgesteld in Sinoville SAPS want ek het altyd gedink dit is een van die beste stasies maar dit blyk dat hulle nou ook verval het tot Afrika standaarde. Die gemeenskap kan hulle ook nie meer vertrou nie. Ons sogenaamde weermag is net so sleg en die spul maak mens skaam. Geen dissipline en geen trots. Kan nie verstaan hoekom die belastingbetalers vir die gelag moet betaal nie. Het ons werklik soveel lede in die weermag nodig. Wie sal die ou landjie wil aanval.

Wendy Stols ·

Niemand het nodig om die land aan te val. ALMAL IS MOS WELKOM IN SA. Loop oor die grens in, vlieg in, vertoef hier, drug dealers, moordenaars, ens, niemand gee om nie. So, ek stem volkome saam Ouman!!

Wendy Stols ·

Hoop net die verloofde wat die video opname geneem het, het n copy gemaak indien die oorspronklike een verdwyn.

Niccy ·

Sy is in aanskoue van haar verloofde en ander “motoriste” geskiet. Het daar regtig nie een ‘n video opname gemaak terwyl hul na die insident gesit en kyk het nie? Daar was seker nie skoolkinders in die voertuie nie

w ·

Pierre wa val jy uit di bus uit. Hier is nix van rooftog ter sprake. Dis poging tot moord omdat weermaglid ni kan bestuur ni of moedswillig was.

Swartkat ·

Skiet uit ‘n weermag kar, met ‘n weermag pistool op ‘n Suid Afrikaanse burger . Wonder waar het hy sy opleiding gekry seker weer Noord Korea, hy verdien gevangenis straf op Robbeneiland

Swannie ·

Ek sou ook geskiet het !!

Hier steek meer agter die berig as wat vertel word.
1) Motor stamp motorfiets “ligtelik”op passassiersvoetrus…maar motorfiets val nie om nie ???
2) Motofiets “handlebars ” is wyer as wat voetrus is, maar word nie ook getref nie ??
3) Vrou se voet is nie beseer nie – sy het self na motor gestap.
4) Klop aan venster met valhelm op ???

Daar is berig op Motorfietsforum waaraan ek behoort dat `n man en vrou op `n motorfiets `n lid probeer kaap het, maar hy het gelukkig daarin geslaag om weg te jaag.

Ek sou dus dadelik gedink het dis dieselfde paartjie.

Die weermaglid het dus opgetree soos ek defnitief ook sou optree.

anton ·

Jy praat mos nou twak swannie!!!
Het die vrou n vuurwapen op die bestuurder gerig? of wou sy hom sommer dalk probeer kaap met kaal hande?
Jy mag elkgeval net jou wapen gebruik as jou lewe in gevaar is!!!
Jou redenasie van die stamp op die voetrus ens. maak ook gladnie sin nie.
Enige ongeluk, hoe gering ookal, moet jy as bestuurder stilhou. As jy wegry oortree jy die wet!!!
As jy mense sommer net links en regs gaan begin skiet moet jy eerder nie n wapen besit nie!!!

Zeus ·

Ons bly ongelukkig in n land waar mense nie huiwer om jou brutaal aan te val oor n klein pad woede voorval nie. Wees altyd bereid en voorberei om jou lewe te verdedig. Moet nie sonder n handwapen rond ry nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.