Vrystaat-skole kan dalk sluit weens wanbetaling deur departement

skool-21.jpeg

Argieffoto

Verskeie skole in die Vrystaat, veral die sogenaamde geen-fooi-skole, word deur sluiting in die gesig gestaar. Dié benarde situasie is die direkte gevolg van die Vrystaatse onderwysdepartement se nalatigheid met die jaarlikse oorbetalings aan skole.

Provinsiale onderwysdepartemente is verantwoordelik om twee keer per jaar geld van die Nasionale Tesourie aan skole te betaal. In die Vrystaat word hierdie betalings elke kwartaal gedoen, maar die laaste betaling aan skole is in die derde kwartaal verlede jaar gedoen. Skole gebruik hierdie geld vir bedryfsuitgawes soos water en elektrisiteit, skryfbehoeftes, ens.

“Ons is bewus van ʼn skool wat tans net sowat R400 in hulle bedryfsrekening het,” verduidelik Jaco Deacon, adjunkhoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas). “In ʼn ander geval het ʼn skoolhoof die skool se elektrisiteitsrekening uit haar eie sak betaal net sodat skoolbedrywighede kan voortgaan. In nog ʼn geval het ʼn ouer ʼn hele skool se skryfbehoeftes betaal net sodat onderrig kan plaasvind.”

Deacon sê die Nasionale Tesourie betaal jaarliks op 1 April die geld aan provinsiale onderwysdepartemente oor. “Die meeste onderwysdepartemente is traag om dan die geld na skole te versprei, wat beteken die nuwe jaar se geld word gebruik om die vorige jaar se skuld te delg. In die Vrystaat het dít nie eens gebeur nie.”

Fedsas het reeds in die verlede verskeie pogings aangewend om saam met die Vrystaatse onderwysdepartement te werk in ʼn poging om probleme op te los.

“Ons kry egter geen samewerking van die departement nie en het dus nou geen ander keuse as om ʼn dringende aansoek voor die hof te bring nie,” het Deacon bygevoeg. “Hierdie wanbetaling tas kinders se grondwetlike reg op onderrig aan. Skole, veral geen-fooi-skole, sukkel reeds om kop bo water te hou en vir talle gaan daar binnekort geen ander uitweg wees as om die skool te sluit nie.”

Hy sê Fedsas verkies om onderwyskrisisse buite die hof deur middel van samewerking op te los. “Die belange van die kinders kom egter altyd eerste en in hierdie geval is die krisis nou van só ʼn aard dat Fedsas drastiese stappe sal moet doen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Vrystaat ·

Nog n goeie storie om te vertel Regering? Ons hoop die kinders wat in toekoms moet stem onthou en verstaan wat nou gebeur? Maar ja solank die volk onkundig gehou word, weet hulle nie van beter nie…

Johann ·

Noh ‘n legendariese ANC legacy! Maar dis ook seker apartheid se skuld?

Basjan ·

Die Vrystaatse onderwysdepartement het ook rommelstatus bereik.

andrea van vuren ·

Verhaal daardie geld van korrupte kaders soos Brian Molefe! Skenk dit aan die arm skole!

rafel ·

Ja-nee..RSA is op die rand van n afgrond. Net nog n tipiese Afrika land.

Bittergal ·

Die spul kan gaan kers opsteek by Zambia, baie puik skole met ‘n hogere standaard..

Jordaan ·

Dit is makliker om die Afrikaanse skole, waar ouers ten duurste bydra om hulle kinders te laat omderrig, te boelie om Engelse klasse te gee vir kinders wat niks betaal nie.

Lion ·

Wanneer die kwaliteit van taalgeletterdheid asook wiskundige geletterdheid van leerders in skole nog meer gaan val gaan onderwysers weer die skuld kry. Dit terwyl die groot meerderheid van onderwysers hulle alles gee om hulle werk te doen. Maar hull het hulpbronne nodig om hulle werk te doen. Die nodige owerhede sien dit steeds nie in nie. Oningeligtheid en onkundigheid van owerhede hieroor gaan onderwys nog verder verswak en die leerders lei daaronder.

Louise ·

Om te vra dat hierdie regering hulle oë moet oopmaak en sien !!!!!!!! hoeveel vernietiging hulle agterweë laat en wat se vernietiging nog besig is om te gebeur —— is om ons asem te mors !!!!! Hulle is sienende blind en horende doof !!!!

FG ·

dis nie net die skole wat swaar trek nie. My besigheid, wat `n noodsaaklike produk verskaf vir die kos wat elke dag vir die leerlinge gemaak word, trek ook erg aan die korste end. Nog geen betalings ontvang vir aankope die jaar nie. Intussen moet ons geld gaan leen by `n bank om bedfrys kapitaal te he om aan te gaan. Ek moet my voorraad binne 7 dae betaal na aflewering om sodoende te verseker ek kry weer voorraad. Duidelik werk dit nbie so in die regering nie. “Ons vat jy gee”

John ·

Antie-tannie-dr-Zoem-zoem belowe, met twee vingers gekruis (agter haar rug) en gordel gedraai (per ongeluk), aan alle swart burgers, selfs toekomstiges, gratis onderrig en ‘swart’-handboeke en -onderwysers wat altyd eerlik die waarheid sal leer en net ANC-leerstellings indoktrineer, soos dit vrome ‘struggle-suppremo’s’ betaam. Sy sal die $’s iewers uitkrap, leen by swaer M in Zim of wag tot haar skip, soos die Queen E, die hawe statig invaar… maar doen sal sy… Wat beweeg so onder antie-Meduza se bont kopdoekie?

ACCA ·

En so is dit in elke staats department en munisipaliteite. Geld droog op oor mense met lang vingers kontrakte vir kaders onnodig salarisse en onbevoegde mense wat daar geplaas is en vir hulle self sorg. Dit gaan net erger en erger raak soos ons land verval met onbevoegde mense wat.net aan hulle.self dink en n leier wat voorbeeld stel

jeannie du Plessis ·

Die probleem lê net by een plek, en dis in ons Parlement waar daar n klomp onbekwame persone met ander motiewe, as om SA reg te regeer, sit.
Daar word politieke aanstellings gedoen in ministriële poste en aan die hoof van elke Staats departement, dis hoekom gebeur wat nou gebeur. Die probleem dis op elke dorp of stad dieselfde probleem.
Om hierdie weer reg te kan stel gaan baie, baie jare neem en kundiges nodig hê.
As ek kyk met watter groot probleme die DA sit in Pretoria om weer hierdie Munisipaliteit te kry om behoorlik te funksioneer. Daar was soveel politieke aanstellings … en jy kan nie net mense afdank nie..tyd..baie tyd is nodig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.