Vuurwapenlisensies: Saak na konstitusionele hof

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se appèl teen die Pretoriase hooggeregshof se uitspraak oor die hernuwing van vuurwapenlisensies sal op 8 Februarie 2018 in die konstitusionele hof aangehoor word.

Dit volg nadat die SAPD in Julie gesê het hy beplan om ʼn aansoek om verlof tot appèl teen die hofuitspraak in te dien.

Die hooggeregshof in Pretoria het in Julie verklaar dat twee artikels (artikel 24 en 28) van die Vuurwapenbeheerwet ongrondwetlik is en dat alle vuurwapenlisensies wat verval het of binnekort verval, geldig sal wees totdat die konstitusionele hof die betrokke artikels hersien het. Die parlement is ook 18 maande gegun om die wet te wysig om aan grondwetlike beginsels te voldoen.

Die aansoek om die twee artikels ongrondwetlik te laat verklaar, is deur die Suid-Afrikaanse Jagters-en-Wildbewaringsvereniging (SA Jagters) ingedien. Die hof het ook ʼn kostebevel ten gunste van SA Jagters uitgereik.

Fred Camphor, uitvoerende hoof van SA Jagters, het Donderdag in ʼn verklaring gesê die vereniging is bly dat die konstitusionele hof die saak in ʼn relatiewe kort tydperk sal aanhoor, aangesien dit die dringendheid van die kwessie bevestig. “Die hooggeregshof se uitspraak op 4 Julie was ʼn reuse-oorwinning vir alle wettige vuurwapeneienaars. Ons is versigtig optimisties dat die konstitusionele hof in ons guns sal beslis,” het hy gesê.

Camphor het vuurwapeneienaars weereens herinner om verantwoordelik en binne die perke van die Vuurwapenbeheerwet op te tree wanneer daar om nuwe of die hernuwing van vuurwapenlisensies aansoek gedoen word. “Die status quo wat die verpligtinge van die wet betref, het nie verander sedert die uitspraak van 4 Julie nie. Alvorens die konstitusionele hof andersins beslis, het niks verander weens die SAPD se appèl nie,” het hy gesê.

Hy het vuurwapeneienaars gemaan om betyds om die hernuwing van vuurwapenlisensies aansoek te doen voordat die lisensie verval. Camphor het gesê indien ʼn eienaar reeds sy of haar vuurwapen by die polisie ingehandig het, moet hulle die bewys daarvan veilig bewaar. “Moenie die polisie vra om jou vuurwapen terug te gee nie. Hulle sal dit nie doen nie,” het hy gesê.

“Indien jy in die besit van ʼn vuurwapen is waarvan die lisensie reeds verval het, hou dit toegesluit in jou kluis.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

peanuts ·

Die sapd het skielik vir ons lisensies uitgereik in die week :-)

Will i am ·

Wat van ons wat aansoek gedoen het vir hernuwing. Dit nou amper ń jaar wat ek wag

Ouboet2 ·

Will i am gaan kyk by die polisiestasie waar jy aansoek gedoen het. Ek het myne en my seun sn gekry na meer as n jaar. Hulle kon my glo nie opspoor nie. My selfoon wat ek by my dra was volgens hulle altyd op voice mail.

Yster ·

My lisensie het verval. En ek dra my pistool aan my lyf elke dag. Gaan beslis nie as boer net nog n stat word nie. Ek sal myself verdedig kom wat wil.Ek wil sien wie gaan dit afvat by my omdat die wit lisensie verval het. Ek het n groen een gehad wat nooit sou verval nie.

Anoniem ·

Yster. Ek verstaan jou situasie. Maar, dit is nou nie iets wat ek wyd en syd sal verkondig nie.

Albert Juergen ·

Hierdie is ‘n subtiele Manier om wettige wapen eienaars te ontwapen! Terwyl daar duisende persone is wat ont wettiglik in die besit is van ongelisensieerde vuurwapens! Veral dir wat gebruik word in plaas aanvalle!

John ·

As my lisensie reeds verval het, kan ek nou gaan aansoek doen vir ‘n nuwe lisensie?

CW ·

Nee, ongelukkig nie. Maar as jy jou groen kaart het kan jy nog ammunisie koop daarmee. Die groen kaart is nog geldig al het jy vir wit kaart aansoek gedoen…

Ray ·

Ek het my rewolwer ingehandig met die verval van my lisensie omrede ek nie lus was vir die “schlep” pm my lisensie te hetnu nie. As die Grondwetlike Hof die Hoofgeregshof se uitspraak onderskryf kan ek my rewolwer terugeis van die SAPD (ek het nog die bewys van inhandiging).

Bekommered ·

Jou vuurwapen bly jou eiendom tot dit vernieting word. Indien jy n wetlike lisensie bekom of die hofsaak slaag kan jy jou wapen terug kry. Jy sal net die SAPD moet laat weet dat jy dit nie meer wil vernietig nie..

Bekommered ·

Ek weet nie waar CW sy inligting kry nie maar as jy n wit lisensie gekry het is jou groen lisensie nie meer geldig nie.. dit moes vernieting geword het nadat jou wit lisensie uitgereik is..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.