Vyf daag met R900 000 omkoopgeld op

Argieffoto

Vyf verdagtes is in Pretoria in hegtenis geneem nadat die Valke ʼn lokval gestel het tydens ʼn ondersoek wat verband hou met die beweerde bedrog van miljoene rande.

Brig. Hangwani Mulaudzi, nasionale woordvoerder van die Valke, het Donderdag gesê die verdagtes is tydens ʼn spesiale operasie deur die Valke se teenkorrupsie-eenheid in hegtenis geneem.

“Die groep het na bewering ʼn beampte van Nedbank genader en R900 000 omkoopgeld aangebied in ruil vir hulp om ʼn geblokkeerde rekening waarin daar ʼn verdagte bedrag van R31 miljoen in is, weer oop te stel,” het Mulaudzi gesê.

Die betrokke rekening is glo deur die reserwebank geblokkeer aangesien dit teenstrydig is met valutabeheerregulasies.

“Die Valke het Woensdag op die groep, vier mans en ʼn vrou, in Arcadia in die middestad toegeslaan nadat daar vir hulle ʼn lokval gestel is. Hulle het met die R900 000 omkoopgeld by ʼn ontmoetingsplek opgedaag.”

Die verdagtes, tussen 23 en 65 jaar oud, gaan na verwagting Vrydag in die Pretoria-landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met bedrog en korrupsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

tamboti ·

Dis jammer dat skelms so baie geld maak en ons hardwerkendes steeds arm, swaar belas en weerloos aan ploeter!

Johan. H. ·

Maar waar kom die geld vandaan??? Transito rooftogte ??? Ondersoek dit ook. As julle kan..

Stefaans ·

Net soos die miljoene se valute wat by lughawens op beslag gelê word…waar, wie is dit? Ek het my denke. Daai ouens is pionne wat vir die fat cats geld smokkel. Waar vind die grootste korrupsie tans plaas, regerings amptenare natuurlik. Die verduisterde geld word mos nie in hul persoonlike rekeninge betaal nie. Die pionne werk soos dwelm muile. Dis maar net my teorie.

E.K. ·

Niks verbaas of skok my meer nie. Dan gaan hul tronk toe, koop iemand om en kom uit en daar gaat ons weer.

Andile ·

Dit moet n eerste wees sedert 1994. Hou dop hoe verdwyn die R900,000.

Ouman ·

Nie so maklik nie. Soortgelyke saak paar jaar gelede het geeindig met 11 jaar tronkstraf en die geld het defnitief nie verdwyn nie

Leahim ·

Stem saam leer vir vyf jaar op universiteit en sal seker nooit 31 miljoen in my bankrekening he nie

Nico ·

Miskien moet daar van die regering sin ook geblok word dis die belasting betaler se geld wat hulle vat deur korrupsie

willie ·

hulle familie en vriende se van begin seker met ñ Z of ñ G!

Eben ·

Hope geld verlaat die land deur Bitcoin. Die Reserwe Bank wag net vir die Guptas om hulle geld te omskakel in Bitcoins dan eers sal daar valutabeheermaatreel ingestel word.

Asmain ·

Ek sal nie verbaas were as daar Nigeriers in die transaksie betrokke is…

Moz moedeloos ·

Kan iemand my groot asb help. Waar meld mens sulke tipe bedrog, geldwassery aan waar persone nie omkoopbaar is ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.