Vyf in hof vir bestuur van onwettige bordele, afpersing

hof-hamer

Argieffoto.

Vyf mense het in die Kaapstad-landdroshof verskyn omdat hulle glo bordele bedryf het in Milnerton in Kaapstad.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, het gesê Shantel Bridger (45), Juan Francois Warren (39), Camilla Amelia de Waal Rossouw (29), Fareez Allie (35) en Achmat Toffa (41) het Vrydag in die hof verskyn.

“Hulle is in Februarie in hegtenis geneem ná daar klopjagte op verdagte eiendomme in Parklands, Table View en Milnerton uitgevoer is,” het Ramovha gesê.

Nadere ondersoek deur die teenmensehandel-eenheid van die Valke het onthul dat Bridger en Warren glo betrokke was by die afpersing van kliënte vir geld aangesien hulle glo die diens van sekswerkers van hul instellings gebruik het.

“Hulle het glo byna R3 miljoen in die sak gesteek van 2012 tot 2015 deur kliënte af te pers met die dreigement dat hulle beeldmateriaal van hul seksuele dade met die sekswerkers het en dit op sosiale media gaan plaas indien die geld nie betaal word nie,” het Ramovha gesê.

Die groep sal 9 Junie weer in die hof verskyn waar hulle na verwagting aansoek sal doen om borgtog.

Hulle staan tereg op aanklagte van die onwettige bestuur van ʼn bordeel en afpersing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Christina ·

Ek is verheug oor die vrylating van mense want in gevangenis gehou word. Wat due Here sê “He came to set the captives free”. Nou kan hulle berading kry vertrou ek en aangaan met hulle lewe

Adam ·

Christina, ek dink met alle respek dat jy jou aanhaling heeltemal te letterik vertolk. Hierdie mense se gedrag verteenwoordig die room van die skuim.

Jan Jooste ·

Christina, ek deel jou siening en hoop daar is ‘n spesiale bedeling vir diegene wat mense vang tot slawerny en laat verkrag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.