Vyf vas vir verkragting van 68-jarige

Argieffoto

Argieffoto

Vyf jong mans is in hegtenis geneem nadat ʼn 68-jarige vrou van Dewetsdorp in die Vrystaat al om die beurt verkrag en beroof is.

Konst. Peter Kareli, polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die voorval het verlede week in Morojaneng plaasgevind.

“Die slagoffer het Woensdag in haar huis geslaap toe die groep, tussen 20 en 21 jaar oud, toegang tot die huis verkry het deur die deur oop te breek,” het Kareli gesê. “Twee van die verdagtes het die vrou aangerand en eerste verkrag, terwyl die res van die groep die huis geplunder het. Daar word beweer dat al vyf verdagtes die weerlose vrou al om die beurt verkrag het.”

Die verdagtes het met geld, ʼn DVD-speler, ʼn selfoon en kruideniersware op vlug geslaan.

Die Dewetsdorp-polisie en ʼn forensiese span van Bloemfontein het die voorval ondersoek en die verdagtes is binne ure in die dorp opgespoor en in hegtenis geneem. Van die gesteelde goedere is in hul besit gevind.

Die vyf moet binnekort in die Dewetsdorp-landdroshof verskyn op aanklagte van verkragting, huisroof, aanranding met die doel om ernstig te beseer en opsetlike saakbeskadiging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Peter ·

Die tipe wandade is barbaars en oortreders moet swaar strawwe opgelê word. Aanhouding in afsondering.

PMB ·

Mag die boewe geen genade betoon word nie! Geen persoon behoort deur so n ervaring te gaan nie!!!

Sterkte ·

Sterkte vd dame ek hoop die regering ondersteun haar en betaal vir haar berading! Ondersteun die slagoffers meer!!

PMB ·

En die politieke partye gaan net aan met lee beloftes en om “t” hemde uit te deel! Waar is hulle betrokkenheid?

Wern ·

Ons moet begin om dit nie meer te tolereer nie. Neem ouer mense en weerloses in, begin saam Bly in groter getalle.

Cherokee ·

Waarom tolereer terwyl daar ‘n eg Afrikaanse woord is soos verdra? Tolereer is nou werklikwaar bloot ‘n verbuiging van tolerate. Ons het mos respek vir ons taal.

Wat-ek-lees ·

Wat ek lees is uiters ontstellend en walglik. Doodstraf sal goed werk.

celia ·

Diere? Watter diere doen so iets? Waarom word diere altyd so beledig? Ek het nog nooit gehoor dat n kat of hond of voel of bees of skaap ens so iets doen nie.
Die korrekte woord is BARBARE.
Dis nie dierlik nie en ook nie menslik nie dis barbaars.
So stop hierdie uitdrukking in Afrikaans te gebruik.

Annie ·

As hierdie facebook was het ek jou kommentaar gelike :-) Ek stem 100% saam met jou. ?

Stefaans ·

Ek voorspel so 10 jaar vir elk, uit na 3. Dis nou as die polisiedossier nie intussen verdwyn nie …

reinette ·

Die arme vrou. My hart bloei vir haar.
Mag die rowers en verkragters die straf kry wat hulle verdien.

Adeline ·

Siek verby! Net weer n bewys hoe verrot hulle is. Sterkte aan hierdie bejaarde vrou.

Sarie ·

Die rede wat aangevoer is vir die verkragting van jong dogters & babas, was: “Dit sou konsuis die verkragter van vigs genees….” Wonder met watter rede hulle vorendag sal kom, om die verkragting van “oumas” te probeer regverdig? Die lae lakke!!!

Weerligstrale ·

Mag hierdie weerligstrale dieselfde behandeling in aanhouding kry, lae gemene weerligstrale, n groot vrou om die beurt, te lafhartig alleen, te vrotsig om n vrou om seks te vra, daar is soo baie wat tog te gewillig sal wees, maar ne e, n ou mens. Mense regte komissie & madame aktivis Gillian Schutte is jul happy? Los die raaisel op?

KarooKlong ·

Nog een of is dit vyf vir Vroue Regter Mabel Jansen.
Wat nou gillian schutte?

Rens Roodt ·

Dit is absoluut n verskrikking – moet die regering dagvaar omdat hulle nie ons enige beskerming gee nie – hulle vat ons geld maar hulle volgelinge is buite beheer – nou is dit tyd dat alle belastings gestaak moet word

Lida ·

Rens wat wil jy hê moet die regering doen. Vir elke landsburger ‘n lyfwag aanstel? Die mense moet opgevoed word en werk gegee word dan het hulle minder tyd om hierdie walglike dade uit te voer.

Theresa M ·

Here, herstel en genees die vrou se liggaam, siel en gees. Daardie mans is in U hande, en ek wil vra dat U geregtigheid sal laat geskied.

Sydney ·

WALGLIK is nie die woord, wat beskryf wat die slagoffer deur gemaak het nie. In die natuur kry jy nie die soort van optrede nie. Ek weet dat hulle die verkagters en ander soos die hulle eendag voor God sal staan en rekenskap sal moet gee hoekom hulle gedoen het wat hulle gedoen het. Ek en baie ander dra haar die slagoffer op in ons gebede op. Mag sy genesing en berusting vind in die herstel proses hierna. Ons moet onthou dat dit nie net die slag offer is wat seer gekry het nie maar ook maar ook ander baie naby haar …….. Dit sluit baie van ons as Suid Afrikaners in

LS ·

SHAME !!!!! Die arme, arme, arme mensie !!!
Ek is nou skoon siek op my maag! Sterkte en ek hoop hulle kry wat hulle toekom.
Net soos Celia gese het, DIT IS BARBAARS VERBY !!!

Swartluiperd ·

Help my reg ek dink daar is n land wat verkragters die doodstraf oplê, want dit is barbaars, sulke persone moet uit die samelewing permanent verwyder word. Sterkte vir jou my tannie en ek hoop jou famielie gaan jou ten volle bystaan.

pop ·

Wat was dit nou weer wat die regter gese het van haar hofrolle??? Daar kan niks verder gese word nie

Anoniem ·

Gillian Schutte skitter in haar afwesigheid. Lewer kommentaar toe Gillian

Elmarie ·

Sy Gillian Schutte is te lafhartig om enige aanmerking te maak. Net op die voorpunt van rassisme en wanneer dit haar pas.

Pienkes du Plessis ·

Solank as wat hierdie soort dade in toenemende mate plaasvind, net so lank sal die gebruik van die k-woord in toenemende mate gebesig word.

Donovan ·

Luister los julle emosies en begin na die enkelopende en ouer mense in julle buur na om te sien…. hulle is maklike tykens en het elkeen van ons hulp nodig… as die tannie se buurman betrokke by haar welstand was, kon hy dalk haar gehelp het… Veral julle plaas mense as julle weet van oumense op buurplase maak reelings om met mekaar in verbinding te bly… veg vuur met vuur…

Ilse ·

Sal hou van om die bietjie in my besit te kry. Ek sal vir hulle ‘n mooi les laat opsê. Baie sterkte aan daardie dame en mag die Here tannie baie styf vas hou. My hart is in stukke.

tamboti ·

Lida jy praat van een oplossing wat nie moontlik is nie – daar is nie geleenthede vir almal in SA siende die bevolkings ontploffing en instroming. En doen jy dit vir almal in SA, hoe stop jy die res van Afrika wat steeds instroom?
Die enigste alternatief is:
Meer en beter polisie, drasties swaarder strawwe met lyfstraf en doodstraf algemeen toegepas, baie meer regte tronke met harde werk vir gevangenis, en finansiele vergoeding aan slagoffers deur die staat en opbrengs van misdaad deur staat gekonfiskeer. (Geld, voertuie, eindom ens.)
Laastens moet daar sosiale beperkings ingestel word, toegangsbeheer, deursoekings en roetine misdaadrekord toetse.
Klink dit vir jou te erg of onmoontlik? Wel dan moet jy en ons maar tevrede wees om slagoffers van misdaad en staat te bly.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.