Waarskuwing teen masels in Gauteng

Argieffoto. Foto: Pixabay.

Argieffoto. Foto: Pixabay.

Teen Donderdag is daar ses gevalle van masels in Johannesburg bevestig.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het gesê die gevalle is meestal laerskoolkinders wat nog nie voorheen ingeënt is teen dié siekte nie.

Dié gevalle volg ná een geval in Rustenburg in Noordwes aangemeld is en 29 gevalle gedurende die eerste maande van 2017 in die Wes-Kaap. “Die uitbraak in die Wes-Kaap was hoofsaaklik onder tieners in die Kaapse Wynland-distrik.”

Volgens Nios is daar intensiewe veldtogte van stapel gestuur om kinders en tieners teen masels in te ent.

“Die departement van gesondheid in die Wes-Kaap het sedert Februarie reeds meer as 270 000 kinders ingeënt. In die gebiede wat direk geraak word, is tieners tot die ouderdom van 15 jaar ingeënt en in die res van die provinsie kinders tot vyf jaar oud. In Gauteng het die skole wat geraak word reeds leerders laat inent en daar is wel inentingsplanne gereed vir die res van die provinsie,” het Nios gesê.

Nios het alle skole, kleuterskole en gesondheidsfasiliteite gewaarsku om bedag te wees op masels.

Simptome sluit koors, ʼn uitslag, hoes, rooi oë en ʼn algemene gevoel van grieperigheid in. “Masels is ʼn hoogs aansteeklike siekte en derhalwe kan dié siekte versprei van vier dae voordat die uitslag verskyn en tot vier dae ná die uitslag reeds verdwyn het.

Komplikasies as gevolg van die siekte kan diarree, dehidrasie, enkefalitis (infeksie van die brein), longinfeksie en in ekstreme gevalle die dood insluit. “Mense van enige ouderdom kan masels opdoen, maar kinders onder twee jaar is veral vatbaar,” het Nios gesê.

Nios het dit benadruk dat masels voorkombaar is deur inenting. “Maselinentings is veilig en hoogs doeltreffend. Dit is ook nooit te laat om ingeënt te word nie,” het Nios gesê.

Nios het enigiemand wat vermoed dat hy of sy dalk die siekte onder lede kan hê, aangeraai om ʼn dokter te besoek en ʼn bloedtoets te laat doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Informant ·

Moet nie die inentings kry nie dit kan ongelooflike erge lang termyn newe effekte he. Doen behoorlik navorsing hieroor.

Paul ·

Ai tog. Wakefield se valse “navorsing” is jaaaare gelede al uitgewys vir wat dit is, maar steeds gaan mense voort om eerder ‘n kwaksalwer te glo as die werklikheid voor hul eie oë.
As iemand waarvoor hulle omgee dan van ‘n siekte soos masels sterf, sal hulle seker die dokters blameer daarvoor dat hulle die persoon nie kon red nie.

Magda ·

waste nagevolge??? Kinder word al donkie jare terug ingeent. Jy kry nog steed masels al is jy ingeent. Almal hardloop om griepinspuitings te kry, maar dan word jy sieker as normaal weg.

IR ·

En waarop baseer jy “Informant” en Ronel jul uiters gevaarlike en moontlik dodelike advies? Kan julle nie sien uit die artikel dat dit kinders is wie se ouers soos julle optree wat nou wel masels gekry het nie?

Karien ·

In Romania is daar reeds 17 kinders dood van measels. Dit is n ernstig siekte. Bo en behalwe al die moontlike sekondere goed wat kan gebeur met n kind wat measels kry.

Mel ·

Ek verstaan dan nie, ek mag onder geen omstandighede my kinders by ‘n skool ingeskryf het sonder die bewyse van inentings. Ek verstaan sommige mense se twyfel oor die nodigheid of die noodsaaklikheid van die inentings. Maar newe effekte is meer die uitsondering as die reel.

Marilie ·

Dr Wakefield is nie ‘n kwak nie en hy is nie teen inentings nie…lees bietjie verder as die algemene media. Elke ouer het die reg om navorsing te doen en self te besluit wat in sy kind se liggaam ingespuit word. On-ingeënte kinders is nie ‘n risiko vir jou in-geënte kind nie.

Ai tog! ·

In ent of nie jy kry nog steeds die kindersiektes! Masels, Duitsemasels ( 3 x gehad ), waterpokkies, pampoentjies het al die kindersiektes gehad en ek was ingeent.

Ania ·

Marilie, jou oningeënte kind is WEL ‘n risiko vir my baba wat nog te jonk is om in te ent!

Marilie ·

Ania , nee my on-ingeënte kind is nie ‘n risiko vir jou baba wat te jonk is nie, want sou my kind enige simptome toon sal ek haar by die huis hou. Verder sal jou baba onder een jaar nie ‘n groot kans staan om masels te kry as sy die regte voedingstowwe inkry en haar immuunstelsel sterk is nie en is die kans vir erge masel-effekte baie skraal as ‘n siek kind vinnig korrekte mediese hulp kry. Ek verwag nie van jou om jammer te sê as my kind enige van die erkende newe-effekte van die masels inenting kry soos: “doofheid, aanvall (seizures) en breinskade”, nie. Want ek dra daardie verantwoordelikheid as ek instem tot ‘n inenting. Vir my as Ma maak dit baie min sin om ‘n vloeistof in my kind se bloedstroom te spuit (wat al die normale immuunsisteme systap) wat o.a. polysorbate 80 (kanker, breinskade ens.) bevat, asook selle van hoender embrios of menslike selle….My verantwoordelikheid is om my kind te beskerm tot die beste van my vermoë en die kennis wat ek het en ander mense tweedens sover ek kan. En ja my kind het vantevore ‘n slegte reaksie op ‘n inenting gehad. My kind…my keuse (ingeligde keuse)

Rix ·

Al ent mens jou kind in, kry hul nogsteeds dit.. Sien kommentaar, “jou on inge ente kind sit my baba in risiko om masels te kry wat nog nie inge ent is nie”.. Amper soos “my buurvrou het vergeet om haar voorbehoed pil te drink, so ek gaan swanger word” BIG PHARMA Vol leuens!! My kind is vax injured en ek weier ek sal nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.