Wedloop teen tyd vir SA man in Suid-Soedan-tronk


william-endley-01

Een van die min amptelike foto’s wat die Endley-familie aan die begin van William gekry het. William word tans sonder enige aanklagtes in Suid-Soedan se berugte Blue House-tronk  as ‘n politieke gevangene aangehou. Foto: Verskaf.

ʼn Suid-Afrikaner, William Endley (55), word nou reeds vir meer as ses maande sonder enige formele aanklag as ʼn politieke gevangene in een van Suid-Soedan se mees berugte tronke, die Blue House, aangehou.

Sy familie het egter verlede week vir die eerste keer in byna drie maande amptelike nuus oor sy gesondheid gekry.

“Suid-Afrikaanse regeringsbeamptes het my pa verlede Maandag gesien en hy lyk regtig sleg. Hy was omring deur sekuriteitsmagte en is nie toegelaat om veel oor die omstandighede van sy aanhouding te sê nie. Hy het gevra vir Voltaren- en kalsiumtablette,” het Gwyneth, William se dogter, gesê. Sy beskou dit as goeie nuus want die familie het in ʼn stadium gehoor William se bene swel en gevrees dit is omdat sy niere nie meer behoorlik werk nie, maar nou reken hulle hy benodig die tablette omdat hy nie behoorlike oefening kry nie.

Gwyneth, ʼn 32-jarige enkelma, en haar tannie Charmain Quinn, William se suster, veg verbete om William terug in Suid-Afrika te kry nadat hulle in Desember gehoor het sy gesondheid het erg versleg. “Henrik Tobiesen, ʼn Deense sakeman wat vir 67 dae op dieselfde vloer as my pa aangehou is, het vir ons ná sy vrylating gebel en gesê my pa is sielkundig afgetakel en ly aan erge wanvoeding. Hy kan glo nie behoorlik regopsit vir lang tye nie,” het sy gesê.

“Dit is meer as 40 °C binne in die selle en as hulle gelukkig is kry hulle een keer per week water, anders moet hulle die soutwater uit die toilette drink. Hulle kry een koppie meel met boontjies gemeng vir kos per dag, wat krioel van die goggas. My pa is siek en hy het min tyd oor.”

William, ʼn afgetrede Suid-Afrikaanse weermagkolonel, was ʼn veiligheidsraadgewer vir Riek Machar, die rebelleleier van die opposisie in Suid-Soedan. “Hulle was besig met vredesamesprekings maar iets het in Augustus verkeerd geloop en ʼn skietgeveg het uitgebreek. Machar het landuit gevlug, maar my pa se visum het verval en hy kon nie uit die land kom nie. Terwyl hy vir sy nuwe dokumentasie gewag het, het die sekuriteitswagte hom in sy hotelkamer in die hoofstad, Juba, in hegtenis geneem.”

Dit het glo twee weke geneem vir albei lande se regerings om net te erken William word in Suid-Soedan aangehou. Daarna het die nuus oor hom al minder geraak en die familie het in Oktober laas direkte kontak met hom gehad.

Gwyneth sê hulle het altyd geweet die werk wat haar pa doen is gevaarlik, hoewel hy nooit die besonderhede daarvan met sy familie bespreek het nie. “Ek sou amper daarmee vrede kon maak as hulle hom op die toneel doodgeskiet het, maar om hom daagliks só te laat ly – niemand verdien dit nie. Dit voel net of niemand omgee nie.”

Sy sê hulle wag nou nog vir goedkeuring van die Suid-Afrikaanse regering om geld vir haar pa te stuur. “Die regering het vir my gesê ek is welkom om self kos vir my pa in Suid-Soedan te neem, maar ek kan dit mos nie vroualleen in ʼn burgeroorloggeteisterde land gaan waag nie, nie terwyl almal uit die land vlug nie!

“Ek het in ʼn stadium die ergste gevrees. Ek het gedink my pa is dood want hulle wou nie eers organisasies soos die internasionale Rooikruis en Amnestie Internasionaal toelaat om hom te sien nie.”

Gwyneth voel die regering sleep sy voete en internasionale nieregeringsorganisasies sê dit is omdat William se gevangenskap ʼn politieke tameletjie is. Intussen is die familie desperaat vir nuus oor William en tap hulle hoop uit elke brokkie inligting wat hulle kan opspoor al kan die nuus nie altyd bevestig word nie.

endley-en-machar

William, ʼn afgetrede Suid-Afrikaanse weermagkolonel, was ʼn veiligheidsraadgewer vir Riek Machar (regs), die rebelleleier van die opposisie in Suid-Soedan. Foto: LinkedIn

Sy spoeg behoorlik vuur as sy oor Machar praat. “Ons het gehoor hy kruip hier iewers in Centurion weg. Ek het vir die regering gesê Machar het kos om te eet en water om te drink. Is dit nie minstens dieselfde regte wat my pa as ʼn Suid-Afrikaanse landsburger verdien nie?”

Gwyneth praat vinnig en probeer senuweeagtig om ʼn grappie of twee te maak, maar sy sê Kersfees was ʼn sombere affêre vir die hele familie. “Ons het nie gepraat nie en wou ook nie eet nie. ʼn Mens dink net aan my pa wat self niks gehad het om te eet nie.

“My pa was 25 jaar lank ʼn weermagman, hy’t sy lewe vir dié land opgeoffer en nou laat die regering hom vrot in ʼn ander land se tronk. Al wat ek wil hê is dat hy moet terugkom. Al die organisasies, almal wat ek gekontak het, sê die enigste rede hoekom my pa nog nie vrygelaat is nie is, is omdat die regering weier om druk op Suid-Soedan uit te oefen. Ons regering sê net die heeltyd hulle kan nie in ʼn ander land se regsaspekte betrokke raak nie, maar ek wil weet watter regsaspekte? Daar is nog geen formele klagte teen hom nie en sy gesondheid is swak, hulle moet hom vrylaat.”

Die Suid-Afrikaanse regering se beweerde onwilligheid om in te gryp om Endley se vrylating te bespoedig staan in ʼn skrille kontras met soortgelyke situasies van buitelanders. Daily Maverick berig dat ʼn afvaardiging van die Deense regering Tobiesen weekliks besoek het, dit terwyl dié land se regering nie eers ʼn volledige ambassade of ambassadeur in Suid-Soedan het nie. ʼn Amerikaanse vrywilliger is ook onlangs in dieselfde tronk saam met Tobiesen aangehou en is binne dae vrygelaat nadat die Amerikaanse ambassade vinnig ingegryp het.

Volgens Amnestie Internasionaal word meer as 30 politieke gevangenes tans in Blue House aangehou onder wie ʼn Suid-Soedanse joernalis, George Livio, wat al twee jaar in die tronk opgesluit is, en James Gatdet, ʼn woordvoerder van Machar.

Menseregtegroepe sê die omstandighede in dié berugte tronk wat sy naam van die blou getinte vensters kry, is gelykstaande aan marteling omdat die gevangenes in klein, warm selle aangehou word en beperkte toegang tot water, kos of enige mediese sorg het. Regeringsbeamptes van die land het egter al herhaaldelik ontken dat daar enige politieke gevangenes in die land aangehou word.

Intussen klou Gwyneth vasberade aan die hoop dat sy haar pa binnekort terug in die land sal kry: “Ek gaan nie opgee tot iemand ons help nie. Niks van wat nou gebeur is reg nie en geregtigheid moet eenvoudig seëvier – dit is die hoop waaraan ons familie vasklou. Ons het net hierdie een kans om my pa te red en dit is nou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Lee ·

Dis tipies SA. Dalk weet hulle nie eers hoe om onderhanelings te doen met ander lande nie. Ek hoop regtig hy kom gou terug SA toe. Kan Gift of the Givers nie help nie? Ek het al gesien hulle doen meer vir ons mense as die Regering.

Gwyneth Endley ·

Hulle het probeer , gift of the givers, maar soos ek verstaan is hulle netwerk meer aan die Taliban en ek verstaan dit :-(, hulle het probeer

Lyn ·

Wat soek mense in oorlog geteisterde lande? Daai oorlog het niks met ons te doen nie. En hoekom sal die regering van ons land hom help. Hy was wel kolonel in SA weermag maar nie in hulle weermag nie. Ns. Ek moes lag vir Johann

Jordaan ·

Daar is baie wit mans wat noodgedwonge sulke werk moet doen omdat hulle in SA agv regstellende aksie nie kan werk kry nie. Maklik om te sê wat soek mense daar, maar nie so maklik as dit is wat nodig is om jou gesin te versorg nie.

Hector Jooste ·

Maar net weereens ‘n klaende bewys van die patetiese onbevoegdheid van die Suid-Afrikaanse regering!

wilma ·

SA Regering wili graag in hul boeties se slegte boekies kom nie. Was die gevangene van n ander ras was hy lankal tuis. Dalk goeie ding as SA tronke ook selle omstandighede hier wil instek. Dink net hu suffer di plaasmoordenaars en verkragters dan

tamboti ·

Sal my nie verbaas as SA regering juis sorg dat hy daar gevange geneem en gehou word nie, en dan die Rebelle leier hier as held ontvang en huisves, bloot op grond van ras

Gwyneth Endley ·

Regering se mos Machar bly hier as hulle gas in ons land deur sy political status

Gwyneth Endley ·

Iemand moet ons kan help , die wet bly die wet , ek stem Saam met als wat almal se ! Glo my! Maar daar moet iemand wees wat ons kan help ! Asseblief!!

Nico Strydom ·

Dagsê Pieter

Jammer vir die oorsig. Die berig is gewysig.

Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

D J ·

Gwyneth ek bid dat julle gou hulp kry, wil my die hel waarin julle leef nie voorstel nie. Baie sterkte

Jem ·

Ai jammer om te hoor Gweneth. Ek bid dat die Here julle sal by staan en vertroos. God julle ook sal hulp stuur.

Gwyneth Endley ·

Verskriklik Baie dankie Jem! Ek glo ook met my hele hart Hy gaan !

Sam ·

Hi Gwyneth.
Ek wil net sê moed hou. Ek het nou baie spesifiek vir jou pa gebid, veral vir sy wils krag om te WIL lewe sodat sy gees nie geknak is nie en dat hy innerlik krag sal kry. Jesus is met julle, ons dien ‘n LEWENDIGE Skepper. Jes41:10 net vir julle. Mediteer op die Woord. Ons sal nie dat evil ons wat goed is beroof nie. Sterkte , ek bid vir jou uit NZ.

Gwyneth Endley ·

Sam, Huil ek soma :-( Baie baie dankie , almal van julle , men’s voel so Alleen met n uindeloose stryd, maar sulke gawe woorde herinder my weer hoekom ek nie Sal toelaat dat hierdie verskriklik ‘mense’ my Sal keer om my pa huis toe te bring nie, men’s bid so hard en ek WEET net die Here hoor dit! Ek weet my pa weet ons Sal nie opgee nie! Baie dankie !!!!!

Gwyneth Endley ·

Hi Sam , verskriklik Baie dankie !! Ek kan nie begin om vir julle almal te se hoeveel al julle gawe woorde beteken nie , en Sam, jy is reg! Ek weet die Here hoor! Ek weet my pa weet ons Sal nie opgee nie! Ek weet goed wen ALTYD oor evil, en ek weet die Here gee sy moelikste fights vir sy sterkste soldate, ek dink die heeltyd aan troepie doepie:-(, Sam jou woorde bring a kalmte en ek SAL op dit Mediteer! Weerheens verskriklike Baie dankie ! En opgee is nie in my bloed nie , hierdie ‘mense ‘ Sal my nie onder kry nie !! Dankie Baie ! Vir almal !!

FM ·

Kom Maroelalesers en help asb vir Gwyneth!!! Julle ken tog iemand wat haar kan help. Kom wys vir haar ons ken mense wat asb kan help.

Chrizelle ·

Liewe Gwyneth en familie, ek kan my nie indink waardeur julle gaan nie! Dit moet vreeslik wees… Ons sal saam bid vir jou pa se onmiddelike vrylating! Intussen moet jy aanhou vuurmaak onder die regering se basse, probeer julle verhaal sover moontlik verkondig, in elke publikasie, tydskrif, koerant en radio stasie. Iemand moet tog hoor wat kan help! Baie baie sterkte xxx

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.