Wending in saak van man wat aanvaller doodsteek

Gavin Wingrave. Foto: Facebook

Gavin Wingrave (51), die sakeman van Mpumalanga wat in hegtenis geneem is nadat hy homself teen ʼn aanvaller verdedig het, is weer ʼn vrye man.

Donny Doncaster, ʼn Nelspruitse prokureur van die firma Gerhard Lourens wat Wingrave saam met PJ Lourens verteenwoordig het, het aan Maroela Media gesê hy het Woensdagoggend ʼn oproep ontvang wat hom na die Witrivier-landdroshof ontbied het.

“Die senior staatsaanklaer het my daar in kennis gestel dat sy die dossier deurgegaan het en nie rede sien om Gavin verder aan te hou nie. Sy het daarna ʼn aanbeveling gemaak dat die saak teruggetrek word,” het Doncaster gesê.

Wingrave, wat uit aanhouding in Nelspruit na Witrivier gebring is, het vlugtig in die hof verskyn op aanklag van moord. Die landdros het kort daarna aangekondig dat die saak teruggetrek is.

Albert Gryvenstein, die operasionele bestuurder van Bossies Community Justice wat Wingrave sedert sy inhegtenisneming bygestaan het en die firma Gerhard Lourens gekry het om Wingrave te verteenwoordig, het aan Maroela Media gesê dit was ʼn blye en emosionele oomblik vir Wingrave en sy vrou, Nadine, wat ook verrigtinge bygewoon het.

“Hulle het mekaar daarna omhels en is verlig saam daar weg,” het Gryvenstein gesê.

Doncaster het die staat en die polisie bedank. Hy het voorts gesê sou daar met andere bewysstukke vorendag kom, kan die saak moontlik weer heropen word.

Maroela Media het Saterdag berig Wingrave het Vrydag op ʼn grondpad tussen Heidelvallei en Rocky Drift gery toe ʼn man, vermoedelik ʼn sluipslaper met ʼn geestesversteuring, sy voertuig met ʼn klip gegooi het. Wingrave het stilgehou om na die skade aan die voertuig te kyk toe die man hom na bewering aangeval en met ʼn klip probeer slaan het.

Wingrave het die man glo uit selfverdediging met ʼn knipmes gesteek. By nooddienste se aankoms op die toneel, het die man nog gelewe, maar hy is kort daarna dood. Wingrave is dieselfde dag in hegtenis geneem en het die naweek agter tralies deurgebring nadat aanvanklike pogings om hom Vrydag op borgtog te kry, vrugteloos was.

Wingrave het Maandag vir die eerste keer in die landdroshof verskyn en die saak is aanvanklik tot 21 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek waartydens hy in aanhouding sou bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

MissDemeanor ·

Ja dankie landros en staatsaanklaer dat jul gesonde oordeel gebruik het!

Michael ·

Dagvaar die polisie hulle het van die begin nie n saak gehad nie hulle wou soos met die kfc n punt maak nou het dit in hulle gesigte ontplof.

Speedguard ·

Ek stem saam , Stamp hulle, die aanklaer moes voor die saak voorgekom het ‘n besluit maak!

Ken2 ·

Dagvaar die polisie en die landros vir intimidasie en aanhouding sonder goeie rede.

marous ·

Om die staat te dagvaar gaan net uit die belastingbetaler se sak kom , en daar is geen pynlike gevolge vir die mense wat die ondeurdagte besluite geneem het nie. Hulle moet in persoonlike hoedanigheid gedagvaar word.

Buks ·

Hoop die SB van Witivier SAP het sy oomblik van glorie geniet. Gee nou soveel aandag aan ander sake in jou wyk ook.

Adri ·

Die eerste sin van die 7de paragraaf maak nie sin nie: “Doncaster het gesê sou die staat en polisie bedank”.
Ek reken ook die minister van polisie kan nou gestraf word vir onregmatige arrestasie.

Johan ·

Ja daai paragrafie het bietjie omgeval in editing. Verstaan darem wat die akrywer bedoel / probeer sê het….

Dalene de Vente ·

Dagsê Adri

Dankie vir jou valkoog. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Dalene nms. Maroela Media

MissDemeanor ·

Wel hy het iemand met n mes doodgesteek. Dit is normaal dat die staatsaanklaer eers sal moet kyk na die omstandighede. Gelukkig het hul bevind dit was self verdediging.

Huh? ·

Skuus vir my onnosel vraag. Wat op aarde is ‘n sluipslaper ?

Meraai ·

Ek het ‘n afrikaanse woordeboek gegoogle en die kry nie so ‘n woord nie. Wonder self wat is dit, as ek kan aflaai dalk ‘n nuwe woord vir ‘n boemelaar…..

Anton ·

Mense wat in n area rondsluip en sommer net slaap waar hulle kan in die publiek.

Swart Piet ·

Mooi so, net toe ek dog alles in ons reg stelsel is gatkant vorentoe – toe is daar darem nog een goeie staats aanklaer. Daar is nog hoop.

Poot ·

Regtig almal????
Wil julle nie maar die oorledene ook dagvaar nie? Is daar IETS wat die polisie kan regdoen?

Leahim ·

Poot ja julle kan go back to basics en doen julle werk sonder om julle altyd so slim soos n boom vol uile te hou en wees regverdig in julle handelinge

Drikus ·

Heng Poot, wat kan jy nie insien nie? Dit is ooglopend dat die man op grond van dubbele standaarde enigsins aangehou is.

msp ·

Wonderlike nuus. Ek spreek my dank uit aan almal wat hom bygestaan het en bygedra het tot sy vrylating…..duisend dankies.

wilma ·

Volgens die 6de Uitgawe van HAT is ‘n sluipslaper ‘n hawelose wat die nag deurbring in ‘n gebou of ander openbare plek waar hy/sy nie mag wees nie.

dpj ·

Ek ruik ‘n rot. Saak is net terugtrek.
NVG kan enige tyd voortgaan met saak. Veral as geheue vervaag het.

Hennie ·

Daar is nog hoop vir ons volksland!! So bly dat hy uit is. Net jammer hy moes in ons land se “skoon” selle deurbring. Sterkte ou maat!

Charl ·

As jy wit is word jy eers aangekla en dan word die saak ondersoek….! Lekker land nou hierdie…

Chrisjan ·

Goeie nuus vir ‘n slag!Dagvaar die stasie bevelvoerder in sy persoonlike hoedanigheid dat hy jou oor ‘n naweek in aanhouding laat bly het.Hy KON ‘n landdros gekry het om aan jou borg toe te staan.Kyk ook na die moontlikheid om die staats aanklaer wettiglik by te kom vir jou regs kostes aangegaan.Dis nonsens dat ons blankes so geboelie word.

Herman ·

Die minister van polisie gee vanoggend n lang verduideliking dat as n persoon n vaste woonadres, en dat as daar geen rede is om te glo dat hy dieselfde misdaad weer gaan pleeg of met die ondersoek gaan inmeng hy nie in hegtenis geneem MAG word nie. Dit het gevolg na die Grace Mugabe debakel. Die agbare Minister het seker vergeet om by te voeg dat dit nie geld vir as jy wit is gesien in die lig van verskeie insidente die afgelope tyd nie. Dit is absoluut belaglik dat die man enigsins in hegtenis geneem was. Hy moet die minister dagvaar. Hy weet nie wat in sy dept aangaan

At ·

Kan nie verstaan hoekom hy ‘n foto van sy gesig op media sit nie. Hoe weet hy nie dat daar nie gemeenskap geregtigheid gaan plaas vind nie. Ek volgens my nie te slim nie

Protes ·

Met alle respek die minister glo ek nie weet hoe om n dosier te open nie hy het nie opleiding van n dag in sy lewe gedoen nie en dit is die probleem mense wat deur die range gekom het weet wat aangaan en sal baie beter toegerus wees om te dien as minister.

Anna bonthuys ·

Wees asb op jou hoede…mens weet nooit…so bly jy darem vry

Dean ·

En die sluipslaper is steeds dood..naamloos..vergete soos gister se beloftes…net nog ń mens wat deur die regering gefaal is…stemloos en dood..ń man met familie êrens..Gavin jy het gedoen wat enige mens moet doen in die land..jouself probeer beskerm..ek weet hoe jy voel..ek moes dit ervaar op die grens..sinnelose geweld en dan die dood..vir absoluut niks..en ons gaan aan met ons lewens agter slot en grendel..höe heinings en alarms…wat n lewe..en dan kom die son op en gooi sy strale..en ek weet God leef want mens kan dit nie skilder nie..en ek weet daar is weer hoop.

MissDemeanor ·

Ja dis ook vreesslik jammer dat die man haweloos was en niemand gehad het wat na hom kyk noe. Natuurlik oordeel ek noe vir Gavin te oordeel nie. Dit was n tragiese sameloop van omstandighede

dovaz ·

God is Groot en Almagtig! Dankie Here! Prys Hom!
Dankie aan die staatsaanklaer, die prokereurs en Bossies wat Gavin by gestaan het.
Sterkte Gavin en Nadine.
Gavin in die toekoms knyp oe toe en ry weg.

Charmaine ·

Die man se prokureur bedank die staat en SAPS maw hulle het iets reg gedoen wat volgens hom in sy klient se guns getel het. Iets dalk soos hulle werk. Ek glo absoluut in hierdie man se onskuld. Maar kom ons speel duiwelsadvokaat en sê oor 2 maande kom dit aan die lig dat die man wel skuldig was en sonder rede die oorledene met die mes gesteek het, dan gaan dieselfde mense sê die oorledene se familie moet die SAPS en die staat dagvaar. Anti-SAPS mense is soos kasterolie!!!!

Piet ·

Hi Charmaine, meen jy nou as jy se die anti SAPS mense is soos kasterolie, dat dit nie lekker is om na hulle te luister nie, maar eintlik moet jy luister? Die ou mense het mos van groente gese “al smaak dit soos kasterolie dit moet in”.

Poot ·

Charmaine
Dankie tog vir iemand wat nie net ALTYD anti-polisie is nie. Ja daar is ongewenste elemente binne in SAPS…..net soos in enige ander Staats ens selfs privaat ondernemings. Maar om altyd die polisie beet te kry as hulle hul werk doen steek my dwars in die krop.

Brett ·

Los die saak daar. Moet nie skadevergoeding en troosgeld eis nie. Soos die res van die slapgatte wat nie die ketting breek nie. Dan gebeur dieselfde ding met jou buurman of jou kind of jou broer.

Charmaine ·

Dis juis die punt. Die SAPS HET hulle werk gedoen daarom is daar dankie gese.

Yolandi ·

Ek is bly vir hierdie man. Shame hy het nie al die drama verdien nie. Ek het hom bitter jammer gekry. Jy kan op die foto sy emosies sien. Dit is n nare ding wat hom oorgekom het en dit moes vir hom baie sleg gewees het om deur dit te gaan.

Michael ·

Net so en dit moet nooit weer met iemand gebeur nie die polisie moet nie eie diskresie gebruik nie hulle moet beter opgelei word en streng volgens die reëls werk n leek kon gesien het hierdie was selfverdediging die man was nooit n vlugrisiko gewees en moes nooit tyd in die selle deurgebring het nie.

Poot ·

Michael
Duidelik het jy geen regs kennis of agtergrond van prosedures wat gevolg moet word in sulke voorvalle nie. Die man het ‘n ander persoon doodgesteek. SAPS moet prosedures volg, deur hom te arresteer en ‘n saak van moord hangig maak. Dis die Staatsaanklaer wat beslis of verdere stappe geneem gaan word. Wat verstaan jy nie? Die polisie het hulle werk gedoen. Diskressie het NIKS hiermee te doen nie.

Michael ·

Poot verduidelik hoekom Grace Mugabe nie gearresteer is nie ,die soldaat wat die vrou deur die bors geskiet het nie ,die adjunk minister wat die vrou aangerand het nie het die polisie dan twee stelle reëls en prosedure

Protes ·

Die polisie het hierdie persoon verkeerdelik aangehou hy is bekend in die area het n vaste adres die saak self gaan raporteer by die polisie en hierdie optrede veroorsaak dat die meerderheid mense in sa nie die polisie vertrou nie en om hulle by opod te raporteer is totaal mors van tyd dit grief my om te weet my belasting geld gaan vir hulle salarisse en dan moet ek nog betaal vir sekuriteit maatskappye om my woongebied veilig te hou.

Danie ·

Waar is almal nou wat onmiddelike vir Afriforum aangeval het omdat hulle kwansuis nie opgetree het nie ? Die regstelsel het gewerk en die aangeklaagde is weer n vrye man. Almal het die reg tot regsverteenwoordiging en dis nie nodig om onmiddelik vir Afriforum aan te val as so iets gebeur nie. Afriforum is nie primer n prokureurs organisasie nie en het regtig baie projekte. Hulle staan wel boere by met regsverteenwoordiging, veral ten opsigte van grondgrype

Poot ·

Danie
Neewat jong dit lyk vir my hier is net ‘n klom galbrakers op die forum. Dink nie het al enigsins iets in die lewe bereik of noemenswaardig gedoen nie.
Dankie Afriforum vir als wat julle doen en ook regverdige polisie beamptes bystaan.

Uncle P ·

Laat ek nou maar sê wat ek wil .. Die man se saak is na aan my hart en dit is hoekom ek geld vir Afriforum gee . Die klas van ding kan more met enige een van ons gebeur.. Dis alles goed en wel dat Gerrie vir missus Mugabe bymekaar gaan maak en dis reg so, maaaar ek kry die gevoel hulle wil net hoë profiel sake doen wat in die media is # LA LAW. Wel gedaan mnr Doncaster

Protes ·

Poot nie heeltemal waar nie ek was kaptein van die netbalspan in st agt en op daardie stadium was ek oorgekwalifiseer om by die polisie aan te sluit.

Poot ·

Protes
My hart bloei vir jou. Ek is seker dat jy die verwerping toe kon oorkom.

Tiger ·

Wat my pla is waarom hierdie man ‘n naweek agter tralies moes deurbring en nie die kans gegun was om borg te kry nie.Dit is ‘n doelbewuste veldtog van die SAP om blankes oor ‘n naweek agter tralies te hou.Ek sal die stasie bevelvoerder dagvaar.

Theresa ·

BAIE bly dat die man kon huistoe gaan.
Mens moet mensself kan verdedig teen iemand wat jou aanval.
Die sg. sluipslaper moes nie daar wees nie en moes nie aangeval het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.