Wenk lei polisie na ‘onwettige perlemoen’

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Twee mense is Sondagaand in hegtenis geneem nadat Wes-Kaapse polisiebeamptes toegeslaan het op ʼn huis wat vir onwettige perlemoenverwerking gebruik word.

Die polisie het in ʼn verklaring gesê hulle het inligting vanaf ʼn lid van die publiek ontvang oor die onwettige bedrywighede en het omstreeks 22:45 na die huis in Grassy Park op die Kaapse vlakte gegaan.

“Twee kamers in die huis het toerusting bevat wat gebruik word om die perlemoen te verwerk. ʼn Derde kamer wat as ʼn droogkamer gebruik is, was gevul met talle rakke vol perlemoen,” het die polisie gesê.

Twee verdagtes, onderskeidelik 27 en 41 jaar oud, is op die toneel in hegtenis geneem. Hulle sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Cillers ·

Voer hulle vir die seediere, want hulle misbruik net die natuur en alles daarin wat aan ons toevertrou is. Die fluitjieblasers verdien ons hoogste lof!

Regverdig ·

Swaarder STRAF vir SMOKKELAARS laat hul Robbeneiland van voëlbolli gaan skoon maak en klippe kap 1jaar vir elke perlemoen.

Lions ·

Uitstekende werk!!! Daar sal beslis meer sulke onwettige bedrywighede wees glo ek.

Lance ·

Gaan dit tog ooit stop …dis maar die wat gevang word na n wenk …wat doen die polisie op grondvlak ….net moou niks …wag vir die volgende tee of die 25ste …wat n damn skande

Karma ·

Lance, ‘n mooi “Skote Petoors! Mooi manne in blou!” sou nie onvanpas wees nie. Jy weet, ek wonder partykeer – met die meeste van die publiek so negatief teenoor die SAPD en aanmerkings van “wag net vir die volgende tee of the 25ste …” verkwalik ek nie (sommige) SAPD-lede as hulle WEL ‘n houding van “kan-nie-wag-tot-my volgende-teetyd-nie”. Het jy al ooit moeite gedoen om waar SAPD-lede in jou omgewing bv. aanklagkantoordiens doen, of ‘n brandpunt te bewaak of ‘n ongeluk opklaar, bv. ‘n koek te gaan gee of koffie en toebroodjies te maak of koeldrank te skenk? Ek doen dit gereeld in ons omgewing, en glo my, hulle is dankbaar vir elke klein gebaar van waardering.

Gerd Lourens ·

Lance – dis vir my altyd interessant dat die hele wêreld (gemeenskappe), weet waar is die smokkelaars, dwelms, wapens, vervalste ID’s. ENS.

MAAR DIE POLISIE WEET OF DAAR NIKS VAN NIE OF IS DIE LAASTE OM TE HOOR DAARVAN!!!

Jacques ·

Die polisie kan gerus naby Kidds Beach Oos Londen in die bosse langs die see gaan kyk hoeveel honderde perlemoen doppe daar lê. Ek het die al aangemeld maar daar is geen belangstelling nie. Die area is boonop ‘n beskermende area.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.