Wildtuin-veldwagters vas vir stropery

Argieffoto

Argieffoto

Twee veldwagters van die Krugerwildtuin is op aanklag van renosterstropery in hegtenis geneem.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, het gesê die twee verdagtes, onderskeidelik 24 en 44 jaar oud, is Saterdag by Skukuza in hegtenis geneem. Vier renosterhorings ter waarde van R2 miljoen is in hul besit gevind.

Sekgotodi het gesê die verdagtes sal Maandag in die Bosbokrand-landdroshof verskyn.

Edna Molewa, minister van omgewingsake, het vroeër gesê daar is in die eerste vier maande van vanjaar reeds 363 renosters in Suid-Afrika gestroop, waarvan 232 renosters in die Krugerwildtuin vir hul horings doodgemaak is. Altesaam 1 175 renosters is in 2015 regoor Suid-Afrika gestroop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Kathy ·

Maak mos van wolf skaapwagter. Is dit maar nie ou stories die nie?

alida ·

Net weer ‘n bewys dat mense aangestel is sonder integriteit.

Gert ·

Sal seker ‘n opgeskorte boetetjie van R200 kry en ‘n rapsie oor die vingers van “moenie dit weer doen nie jou stouter”.

Louis ·

Hulle bewaarders moet eintlik n swaarder straf opgelê word

pietie ·

Gelukkig is alle wildbewaarders nie skurke nie en daar is baie van hulle wat werklik hulle passie uitleef om met wild te werk. Optrede soos deur hierdie persone behoort swaar gestraf te word want dit wat hulle klaarblyklik gedoen het, werp ‘n skadu oor almal wat ‘n veldwagtersuniform dra!. Ek sou graag wou weet wie het hierdie persone aangestel, op grond waarvan die aanstellings gedoen is en wat die betrokkenes se opleiding was?. Is hulle van die veld af gevang in ‘n poging tot “werkskepping” en “politieke voordeel”, in ‘n uniform gestop en toe die benaming “game ranger” gegee??. Watter sekuriteitsklarings het hulle en wie het dit gegee? Wie het antwoorde, asb?

Duikerkie ·

Ek stem heel hartig met jou saam. Ek gee nie ‘n flenter om wie of wat hulle is nie. ‘n Skelm is ‘n skelm en moet met wortel en tak uitgeroei word. Soos jy sê, begin met die persone wat hulle aangestel het. Hierdie twee is verseker nie alleen nie. Hulle het samewerking en die netwerk strek vêr en wyd! As die ondersoekspan hulle werk behoorlik doen, kan hier ‘n GROOT vrot kol oopgevlek word.

Therese van Schalkwyk ·

Naïwe buitelanders, wat nie die duiseligwekkende vlakke van korrupsie in SA en Afrika besef nie, skenk miljoene dollars jaar na jaar om renosters te “red”. Die mense word letterlik besteel, want daar vind géén afname in diefstal plaas nie. Inteendeel. Die geld verdwyn in ‘n bodemlose, swart put en elke jaar word meer renosters gestroop. Die Kruger-wildtuin, wat veronderstel is om een van die veiligste plekke van bewaring te wees, is ‘n ‘supermark’ vir renosterhorings!

Gelukkig beplan die Aussies om 80 renosters régtig te réd deur hulle uit Afrika te vlieg na Australië waar hulle veilig behoort te wees.

Wat ‘n skande is hierdie twee sg. “veldwagters”, en ander soos hulle, nie vir die mensdom nie!

Justa ·

Nou ja, kon dit raai. Dink dit is maar die puntjie van die ysberg. Geen liefde of passie vir diere in elk geval nie.

Theresa B ·

Geweet niemand kan daar vertrou word nie. As daar 1c onder hulle neuse geswaai word voel hulle ‘n veer vir die weerlose diere.

Lee ·

Die veldwagters is altyd betrokke. Hoe maak ‘n mens dat jy weet of jy die regtes aanstel?? As daar geld betrokke is maak dit dit so aanloklik seker. Arme renosters. Bewaar ons diere.

Johann ·

Dis nou n verrassing? Mens sou dit nooit kon raai nie! Ek bedoel; gaan seker weer wees oor min betaling…of diskriminasie…of rassisties…of Jan van Riebeeck…of apartheid se skuld. OF hul voorvaders wat se dis hulle reg en voorreg.

Daan Erasmus ·

Johann. Kom ons noem nie hul ras nie. Dan kry ons n boete.

Willie ·

Hulle sal dit nie Botswana doen nie… wonder nou maar net…

MCS ·

Weereens n bewys, as geld betrokke is sien n mens , mense se ware kleure! “The root of eavel” maak mens blind vir wat reg is , dan word verkeerd n reg in jou oe!

Henrico Ferreira ·

Gedurende ons besoek in April in wildtuin het daar twee manne by Renosterdam of pan…so 12km noord van Berg-en Dal gesit …..albei met R1s……nou vir ons het hulle na poachers gelyk….ek het fotos van hulle….hulle was nors en glad nie vriendelik nie….so asof hulle ons daar wou weg wou kry….die wildtuinbakkie was n ver ent van daaraf geparkeer….ons het besluit ons gaan sit…..na n paar uur was hulle weg en die bakkie ook….hulle sou kwansuis op patrollie loop

Wildtuin ·

Die wildtuin se personeel doen reuse werk om hierdie oorlog te wen. Daar sal altyd vrot appels wees, want geld korrupteer. Ons moet egter nie as gevolg daarvan die ander afskryf nie. Dit is juis veldwagters wat hierdie skelms gevang het. Wel gedaan! Julle doen ‘n reuse werk onder moeilike omstandighede.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.