‘Wonderwerk’ dat bejaarde mesaanval oorleef

Julie Haremse. Foto: Facebook.

ʼn Familielid van Julie Haremse (82), die vrou wat verlede week wreed in haar huis in Phalaborwa aangeval is, het, het vertel Haremse het verbete teen haar aanvaller geveg, maar is teruggesleep in haar motorhuis in voordat sy daarin kon slaag om te ontsnap.

Rohan Eloff, Haremse se kleinseun, het aan Maroela Media die traumatiese gebeure van die aanval op sy ouma vertel. Volgens Eloff sou Haremse die middag by iemand gaan kuier het toe sy oorval is. Haar motor was buite die hek voor die huis en Haremse het vinnig in die huis ingegaan om reg te maak.

“Die man het haar aangeval en toe teruggesleep motorhuis toe. Ons hoor sy het selfs drie keer amper ontsnap, maar die vierde keer toe hy haar steek kon sy nie wegkom nie,” het Eloff gesê.

Die aanvaller het glo daarna ʼn soort gel-middel in haar motor se enjin gegooi, vermoedelik om te verhoed dat die motor kan ry, en in haar huis ingegaan. Eloff het gesê sy ouma het ʼn geluid in die huis gehoor maar kan nie bevestig of dit die televisie of moontlik ʼn tweede aanvaller was nie. Sy het gesê sy het net een aanvaller gesien.

Volgens Eloff bak sy ouma graag en is daar altyd lekkernye en gebak in die huis. “Hy het daarvan geëet, TV gekyk en in haar bed gelê. Hy het selfs haar ringnek-voël, wat uiteraard gewoond is aan my ouma, in die laai gesit omdat die voël baie geraas gemaak het,” het Eloff gesê.

Die polisie het vroeër aan Maroela Media gesê Haremse het ernstige steekwonde aan haar keel en linkerarm opgedoen, haar bene was vasgebind en kleefband is om haar nek gebind. Eloff het dit bevestig en gesê hulle vermoed die kleefband kon moontlik sy ouma se lewe gered het.

Haremse is die volgende oggend omstreeks 09:00 deur een van haar bure gevind nadat hy onraad vermoed het toe hy die motor buite die hek sien staan het. Dit is nie duidelik wanneer die aanvaller hom uit die voete gemaak het nie.

“Ons kan nie verstaan hoekom niemand vroeër onraad vermoed het toe my ouma se motor oornag buite die hek gestaan het nie,” het Eloff gesê.

Volgens Eloff is Haremse se stembande beseer tydens die voorval en het die dokters by die private hospitaal in Tzaneen aan die familie gesê dit is ʼn wonderwerk dat sy die aanval oorleef het. Haremse sal na verwagting nog twee dae in die hospitaal aanbly.

Julie Haremse. Foto: Facebook.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale woordvoerder van die polisie, het Dinsdag aan Maroela Media gesê ʼn saak van huisroof word ondersoek. “Weens [Haremse se] ernstige beserings was sy nie in staat om te praat nie,” het Ngoepe gesê.

Die aanvaller se skoene, broek en selfs die mes waarmee Haremse aangeval is, is in die huis aangetref. “Ons vermoed hy het van my ouma se oorlede man se klere aangetrek voordat hy gevlug het,” het Eloff gesê.

Ngoepe het gesê Haremse se selfoon en ʼn onbekende hoeveelheid kontant is geroof. Volgens Eloff is haar skootrekenaar ook gebuit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Rooiman ·

“Huisroof”?!?!?!? My magtag man, wat van POGING TOT MOORD! Die polisie is regtig pateties.

George ·

Hoe is die KFC voorval Poging tot moord, die doodskis saak poging tot moord, maar n bejaarde wat gesteek word, gemartel word vir ure en ure = huisroof?

Chantell Marais ·

Watse “nerve” het die aanvaller om hom so gemaklik te maak, en nie eers sleg te voel om te weet dat die ou tannie bebloed en al in die motorhuis vas gebind le nie ? Ek is sonder woorde!!!!

JK ·

Die tannie is ‘n pragtige ouma. Sterkte en ons bid vir haar herstel

Kannaland ·

Ek vermoed die aanvaller is verstandelik gestrem, soortgelyk aan die aanvaller wat die jong ma van polokwane so wreed gemartel en vermoor het. Ek vermoed daar is n georganiseerde misdaadgroep in Limpopo wat verstandelik versteurde mense nader en aanmoedig om sulke dade te doen.

E ·

Rooiman en George, ek het dieselfde ding gewonder. G’n mens kan verstaan waarom witmense wat so gemartel en vir dood agtergelaat word, slegs lei tot n klag van “huisroof” nie. Nie net die polisie nie, maar ook die regering en algemene standaard waarmee die onsinnige geweld in hierdie land van ons “ondersoek” en geklassifiseer word, is pateties verby. Die dubbele standaarde is eintlik krimineel!!!

Johnny ·

Wil ook steeds weet HOEKOM is die KFC saak en die DOODSKIS sake se klagtes na poging tot moord verander maar nie EEN boer of ou tannie wat tot vervelens toe gemartel en verbrand word met kookwater en met tange uit mekaar getrek en met bore deurboor word net ‘n saak van HUISROOF nie? Arme mens. Ek is so bly sy het oorleef, ek hoop net sy verwerk die skok, anders kan dit steeds tot haar dood lei. Jammer tannie dat die regering soos wat hulle BELOWE in die Grondwet nie jou of jou eiendom kon beskerm nie .. xxx

Wow super ouma ·

Wow Ouma Harmse, ek is ongelooflik trots op jou dat jy jou man gestaan het en nie net oorgegee het aan die vloeksteen nie. So netjiese sterk vrou op 82, wow ek is sooo beiindruk, dankie vir die voorbeeld. Ek bid vir spoedige herstel! Verder is dit jammer dat Ouma se onafhanklikheid so skielik nou weg is, met al die liefde (my Ma bly ook alleen en ek ondersteun haar, maar ek slaap sleg….) in my hart, gaan bly nou maar liewer by die kids of in ‘n woonstel in ‘n oord.

Marisa ·

Die aanvaller het uiters vreemd opgetree. Dis nou as die gebeure korrek weergegee is.
Sterkte aan die slagoffer wat so wreed en klaarblyklik sinneloos aangeval is.

jack daniel ·

Dankie Here ouma is aan die verbetering! Wat ‘n pragtige ouma wat die lewe geniet en waardeer en lus is vir die lewe.
Kan ons nie ouma se adres kry vir daai leker gebak nie?
Sterkte ouma!! Onthou… Jesus gee krag en geneesing!

Kornel ·

Die Here kyk na tannie. Ek dink ons almal is nou-al ggggvol vir die geweld. Mooi aansterk tannie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.