Zuma beveel Gordhan om huis toe te kom

Pres. Zuma en Gordhan. Die foto is in 2011 geneem. Foto: Flickr/GovernmentZA

Pravin Gordhan, minister van finansies, is deur pres. Jacob Zuma beveel om onmiddellik van Londen na Suid-Afrika terug te keer.

Gordhan en sy adjunk Mcebisi Jonas is saam met ander amptenare van die Tesourie in Londen waar hulle ʼn internasionale beleggerspromosietoer bywoon. Die promosietoer is vandag en Dinsdag waarna hulle ook na Boston en New York sou reis.

Volgens mediaberigte is Gordhan deur Zuma beveel om onmiddellik terug te keer na Suid-Afrika. Dit is nog nie duidelik hoekom Zuma vir Gordhan beveel het om terug te keer nie, maar dit lei reeds tot hernude bespiegeling rakende ʼn moontlike kabinetskommeling.

Jonas is ook versoek om na Suid-Afrika terug te keer. Die presidensie het intussen in ‘n verklaring bevestig Gordhan en Jonas is versoek om onmiddellik na Suid-Afrika terug te keer. Geen redes is hiervoor verskaf nie.

Die rand het intussen reeds verswak teen die Amerikaanse dollar te midde van die jongste berigte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Eugene ·

As hy sy mond oop maak val die Rand . Kan hy nie asb tog net op n klip by Nkandla gaan sit en hom met sy vrouens en kinders besig hou nie.

Johann ·

Asb nie Eugene! Dis van homself besig hou dat hy so n herem en nasate het! Nog besig hou beteken nog karre en huise en kos en flieg en ry en bly en tender en vra en vat en beelde en troues en vuurpoele en zuptamaikies en en en..asb nie nog NUMBA 276565s nie! Kla te veel van sy “besighede” wat ons moet voor instaan om ook te “besig”!

Johann ·

Gordon moet seker die kluis met.die.staat se.petty cash in kom oopsluit? Ek bedoel…Zuma moet seker.sy kaders betaal vir hulle blinde.lojaliteit einde elke maand? So ek sou niks vreemds lees in Zuma se nuutste magspelverwoes dieekonomienogverdersonderomteworryooriets attitude. En wie is.ons om hom in sy allerwysheid te bevraag teken? Ek bedoel…hy maak.presies soos.hy geleer is in sy doktoraal oor bokwagtery…hy wag vir die bokke.om huistoe te kom sodat hy kan besluit wie word gealag en wie word gemelk en wie word uitverkoop!

Sw ·

Ek wens diep uit my hart uit dat ons n president gehad het wie die belange van die landsburgers eerste gestel het en syne laaste. N President met integriteit en waardes.
Wie besef dat sy manier van regeer, die land net dieper in armoede en werkloosheid.

Johan ·

Hy cover net weer sy Gupta maatjies wat nou weer voor die Hof deure staan teen Gordhan

Michelle ·

Die kommentaar van die mense is vir my altyd so interessant om te lees op Meroela Media.
Het nou so gelag vir Eugene en Johann se kommentaar. Uitstekend !!!!!!!

Scalla ·

Hy moet n toespraak gaan voorlees en kan nie die Rand getal uitspreek nie, Gordan moet hom kom touwys maak. Shame

Johann ·

Scala…SKERP!!!!!! Net jammer dit gaan die milzilduizende wees wat weer gaan verlore gaan in die ekonomie!

Dirk ·

Daar gaan ons al weer,nou gaan Soustrein se wiele weer spoed optel.

Johann ·

As ek julle was sou ek die wat terug ge-order is se bagasie double check. Die Zuptaniers moet op een of ander manier weer in die land kom?

Connie ·

Agge nee mense. Stortkoppie wat los doe koppie jou nou weer.

Ronell ·

Misbruik sy mag…. net om almal te wys wie is in beheer…..!

Andrea ·

Ek het só n departementshoof. Magsdronk diktator. Ook al net soveel vrouens gehad. Hel om onder só n mens te werk.

Anoniem ·

Wonder of dit iets te doen het met die Sassa debakel en die uitbetalings wat nou alreeds 2 dae later as gewoonlik gemaak gaan word.

Zuma wou nie vir Bathabile Dlamini fire nie want netnou dink die mense dalk hy is ‘n diktator – maar hy hiet en gebied Pravin soos ‘n diktator sonder om redes te verskaf.

tom ·

Daars nie geld om die uitbetalings te doen op 1 april dis gesteel ha ha

Apie ·

Hierdie kerel met sy spieelkop is besig om almal se moere om te krap.

Ronnie ·

Hierdie man het nie die vaagste benul van wat in die ekonomie aangaan nie. Behalwe vir die rand se wisselkoers, kyk die hele VSA weer met nuwe ogies na SA: Ons hooggeplaaastes kan nie eers hulle afsprake nakom nie, want hulle moet terugkom. Waar is sy raadgewers?

Peet ·

Die Chinese het gepraat en Zuma moet luister. Netnou wil ander lande dalk ook hulle hande in die Suid Afrikaanse bak druk, dalk nog ‘n samewerking tussen die Guptas en die Chinese wat die toue trek.

zis ·

Kan die Ministers en hul aanhangsels nie net `n slag in die land bly en omsien na die belange van S.A. nie. Hulle mors net geld, hulle kan hul eie gemors nie regmaak,of gaan vra hulle dalk raad.

Grassie ·

Ek glo hierdie optrede van Zuma is die begin van ernstige probleme wat moontlik tot burgerlike onrus kan lei. Hy is van die naweek af al op die oorlogspad en hy wil nou die ANC-leiers wat van hom verskil aanvat. Hier kom baie drama en ons land gaan seerkry.

Mielie ·

Hierdie land word deur die Gupta gereageer. JZ dans na hulle pyne. Hier kom groot moeilikheid en baie swaar kry lê vir ons voor.

Marcel ·

So, min Gordhan het gisteroggend opgestaan en besluit hy is Maandag in London.

My tweesent bydrae ·

Dalk het Pravin per ongeluk sy vuurpoel se heksleutel saamgevat . Tragies as daar n warm dag by Nkandla is .

Amelia. ·

Ek dink al die “oorsee reise” is so onnodig. Vat eerder daardie geld en plant dit terug in ons eie ekonomie deur vir die armes te sorg.

Kosie ·

As Gordhan slim is, sal hy sommer dadelik om politieke asiel aansoek doen.

President van die Varkerasie Genootskap ·

@ Kreatiewe Kommentator Vrydenkers wat graag self SA Staatspresident sou wou wees om hierdie ingewikkelde multi-kulturele multi-kleurige nasie met sy geskiedenis van kolonialisme en apartheid by uitnemendheid te bestuur: Sorg NOU dat die jeug behoorlike onderwys en opleiding by uitnemendheid kry sodat ons nasieleiers kan kry wat die nasie eerbaar wil dien op die pad na ekonomiese wêreldkompeteerbaarheid en selfrespek. Groetnis, Ou Aardvark.

christa ·

Gordan moet bly waar hy is kan net nie verstaan dat niemand van die zumpie ontslae kan raak nie en heeltyd kan weg kom met als dis hoekom daar so baie korrupsie in ons land is want die grootste korrupte een is die ou zumpie en almal sien dat hy weg kom met als dan doen almal dit en kom ook weg met dit SKOP HOM UIT .

Marie Visser ·

Wonder wanneer die Here hom kom haal vir ‘n hoër/laer roeping?

Willie ·

Van die kommentare slaan die spyker op die kop. Zuma raak al meer veglustig. Die einde van sy tyd kom nader en hy wil graag soos Mugabe in die stoel bly sit. Kyk maar oor die afgelope paar maande/jare hoe meer onrustig word sy optrede. Hier kom lelike goed uit my oogpunt. Angus en ons almal sal ernstig moet vra vir hul om die land te red van die afbrekers.

Rynhardt ·

Hier kom n nuwe minister van finansies! Zuma kan sy kabinet skommel soos hy wil, maar die mas kan hul nie opkom nie.Zuma sal nog steeds voorgee dat alles is op die regte pad, maar dit is nie.SA beweeg nou op n baie moeilike pad!

tokkie ·

Ek dink Zumapie doen dit aspris om die rand te laat val. Dan kry hulle meer vir hulle goud ens. As rand sterk is kry hulle niks – maar draai dit net om

Marcel ·

Dit begin elke maand wanneer dit tyd raak om die petrol prys bekend te maak. Zuma sien natuurlik hy gaan hom baie moet sny met die rand wat so versterk en die olie prys wat ook nog val so nou doen hy weer so iets om die rand vinnig te laat skiet. Volgende week sê hy jammer en laat Gordhan weer terug vlieg en die rand versterk weer.

Sw ·

Eish baba se kop verlaat hom – hy gaan die guptas join teen die banke….

Johanna Botha ·

Hou vas mense hier kom nog n don besluit …wag in spanning …

John ·

Was die Guptas ooit weg? Ann7 is hul stv-tasie vol ANC- planne vir die toekoms… nie?

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek lees al die anti-Zuma gevoelens op Maroela en wonder by myself of Zuma OOIT hierdie kommentaar teen/oor hom lees. Kan hy lees? Ek weet hy sukkel met syfers maar as hy nou sy vinger stadig oor ‘n woord laat gly behoort hy dit te kan lees. En/of as dit vir hom vertaal word, voel hy nie sleg om te weet mense spot met hom oor al sy baie vroue , en dan wonder ek of die nuutste Malema bewering waar is dat hy moontlik Desembermaand WEER/NOG ‘N KEER gaan trou.

Johanna Botha ·

Hy weet wat die reaksie gaan wees met die markte maar hy gee niks om nie …ons almal sink saam met hom ….hoe die anc ooit so iemand kon verkies as leier wat eientlik gladnie omgee vir sy eie mense verstaan mens nie

Nita ·

How the hell can we believe you, Mnr Mantashe? Die ANC weet niks van die besluit om Gordhan terug te roep nie? Hulle is dan n siamese tweeling, joined at the hip! Of is dit die allerwonderlikste voorbeeld van: Die linkerhand weet nie wat die regterhand doen nie?

Jan ·

Zuma pleeg niks anders as ekonomiese verraad teen SA nie! Zuma dans na die Guptas se pype, want hy kry baie goue eiers vanaf hulle en dit is ‘n “rewolwer” teen sy eie kop. Die dat hy so bang is vir die Guptas en hulle opdragte uitvoer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.