‘Zuma is van die massas vervreem’

Save South Africa hou ‘n betoging Donderdag in Port Elizabeth Foto: Raahil Sain/ANA

Die Save South Africa-beweging hou Donderdag ʼn betoging by die Dan Qege-stadion in Port Elizabeth waar daar geëis sal word dat pres. Jacob Zuma verwyder word.

Die organiseerders beskryf die geleentheid as ʼn “familiegeleentheid” en dit vind op Vryheidsdag plaas. Dit word voorafgegaan met ʼn kort optog om 09:00 van Njoli-plein na die Dan Qege-stadion in Zwide- informele nedersetting.

Die geleentheid sal na verwagting om 11:00 begin en sal nagenoeg twee ure lank duur. Daar sal ook kosstalletjies wees, maar geen alkohol word by die geleentheid verkoop nie.

Save South Africa het ook vervoer gereël vir inwoners – busse met #SaveSA-handelsmerke sal by verskeie punte in die informele nedersetting gestasioneer wees en die pendelaars sal uit die noordelike dele gratis vervoer word. Taxis met #SaveSA-handelsmerke sal ook inwoners uit die oostelike en suidelike dele vervoer teen ʼn betaling van R25.

Verskeie openbare optogte is die afgelope tyd teen Zuma gehou met ʼn toenemende aantal burgerregteorganisasies en opposisiepartye wat Zuma se kop eis.

Sipho Pityana sal na verwagting Donderdag ʼn toespraak lewer, tesame met voormalig konstitusionele hofregter Zak Yacoob en Anglikaanse biskop Nceba Nopece.

“Zuma het homself van die massas vervreem,” het Khusta Jack, leier van Save South Africa in Port Elizabeth, gesê. “Ons wil ʼn behoorlike leier hê. Ons wil behoorlik gelei word. As jy Zuma deesdae op televisie sien, gaan hy aan sonder enige beduidende inhoud. Hy het dit verloor. Hy het die rassekaart probeer speel en was onsuksesvol. Nou probeer hy mense terroriseer deur hulle te herinner aan die slagveld van Natal. Sy doel is om vrees in te boesem.”

Hy doen ʼn beroep op Suid-Afrikaners om Zuma se uitlatings as “roekeloos en onverantwoordelik” te verwerp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johann ·

Zuma is van homself en alle.logika vervreem. En dit.pla hom OF die sg ANC nie n pap vis nie? Dis presies wat hulle magsbeheptheid en geld lus in oog het. Hou die uneducated en hoogs beinvloedbare massas in toom vir as en wanneer hulle massas nodug is met Themde en Kospakkies en BILJOENE se.toelae! Zuma voel vir homself en ay Zumakies, sy harem.en hul hordes, en sy POPPEKAS! En standaard sy reaksie op sulke geleenthede: Rassisties, Kolon van aard, White Supreme Capitalism, die Paashaas, Bokwagterisme…Maak my die kwaadste EN bangste, Sotlike Dom Astrant mense met mag.

pie in the sky ·

Ek stem Johann. Ek staan verstom dat middelslag Suid Afrikaners steeds dink dat Zuma homself beter moet gedra. Die gemiddelde IK van Suid Afrikaners is 77 (met ander woorde die van n 12-14 jarige tiener)… Zuma en sy regering weet maar al te goed hoe om hierdie ‘kinders’ te swaai na sy mening en soos ‘n smart oom met sweeties in sy dashboard, paai hy die massas met beloftes en heupswaai. Soos oom Bob daar oorkant, gee Zuma lankal nie meer ‘n dooie duit om oor die land of sy mense nie! Ai, die lewe in SA bly maar te lekker, kyk dan net hoe lekker braai ons ou klompie dan al weer eersdaags? Maar almal op n sinkende skip…

John ·

?.. nie vrees inboesem nie… eerder haat aanwakker en opstande aanpor… Dat ander swart volke hulle darem so deur ‘n Zoeloe aan die neus laat lei. Nou weer kondig hy ontwikkelings buite Zoeloe-gebied aan vir glo Zoeloeboere… regs langs ons grootste dam… Aan wie behoort die water nou? Sal hulle dus in die vervolg goed betaal moet word in die geval van ‘n droogte? Die’ Zoeloe speel eerder met die massas en sy vreemde vriende lag al die pad na die bank…

Jaco ·

Zuma se probleem is dat hy GEEN SELFBEHEERSING het met enigeietes nie! Selfbeheersing is iets wat gepaardgaan saam met opvoeding! Zuma is soos n bus op van Reenens Pas sonder brieke met Suid Afrika aan boord! Wonder wanneer gaan ons crash! Scary!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.