‘Zuma moet redes verskaf vir kabinetskommeling’

Pres. Jacob Zuma. ArgieffFoto: GCIS

Die DA het Dinsdag ʼn dringende aansoek by die hooggeregshof in Pretoria ingedien om pres. Jacob Zuma te dwing om die redes bekend te maak vir sy omstrede middernagtelike kabinetskommeling verlede maand.

James Selfe, voorsitter van die party se federale uitvoerende komitee, het gesê die aansoek gaan hand aan hand met ʼn vorige hofaansoek wat die rasionaliteit van Zuma se besluit om Pravin Gordhan as minister van finansies te verwyder, bevraagteken.

“Die jongste hofaansoek is noodsaaklik om die president te dwing om die redes en rekords bekend te maak van sy besluit om die kabinet te skommel, sodat ons vorige aansoek om die rasionaliteit van sy besluite te hersien kan voortgaan,” het Selfe gesê.

Selfe het gesê die party het in die hofdokumente wat hy vir die tweede aansoek ingedien het, die hof gevra om Zuma te beveel om ʼn geskrewe rekord van sy redes vir die kabinetskommeling in te dien. Hy het gesê Zuma is oneerlik deur te sê hy is nie verplig om redes vir sy besluit te verskaf nie bloot omdat hy sy uitvoerende gesag gebruik het om dit te doen.

Volgens Selfe moet die gebruik van uitvoerende gesag onderhewig wees aan die beginsels van wetlikheid en rasionaliteit. “Daar is ook in die wet vasgestel dat alle grondwetlike regte onderhewig is aan grondwetlike perke. Spesifiek is dit ʼn vereiste van die reg dat ʼn besluit rasioneel verband moet hou met die doel waarvoor die mag toegeken is,” het hy gesê.

“Dus is dit vanselfsprekend dat die president se besluit om ministers en adjunkministers af te dank onderhewig moet wees aan ʼn standaard van rasionaliteit. Sonder ʼn rasionale verduideliking sal die president se besluit om sy kabinet te skommel onwettig wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Johann ·

In die wêreld van ZUPTOPIA hoef ZUMA niks te verduidelik volgens Wette of Rasionaliteit of Logika of beste intensies ANDERS as selfverryking en bevoordeling van sy ZUPTA koningkryk en ZUMAIKIES. Hy kan doen wat hy wil….en hy doen wat hy wil sonder nadenke. Wat van n verduideliking hoekim die BUWE Zumaikies ontplooi is? Se ALS van ons land dat die President dmv Howe gedwing moet word om sy optrede te regverdig? SOTTE PARADYS!

Cherokee ·

Het FW De Klerk ooit redes verskaf vir die afdanking van ‘n groot groep generaals, wat hy gedoen het op versoek van Mandela? Dit was in die aanloop tot die referendum in 1994. Het hy ooit redes verskaf waarom hy Tertius Delport afgedank het en sodoende vervang het met Roelf Meyer as ‘onderhandelaar’ (lees oorgewer) in die aanloop tot die referendum? Behalwe vir die gemor uit regse kringe was die nasionale party se ondersteuners tevrede daarmee. Julle het nie tòe vrae gevra nie. so waarom nou? Dinge blyk maar voort te rol met dieselfde ritmaat.

MJ ·

Cherokee, die wetgewing tussen 1994 en nou het verander, Die PAJA Wet 3 van 2000 maak voorsiening daarvoor dat skriftelike redes aangevra kan word vir enige administratiewe besluit wat deur ‘n staatsorgaan geneem is en wat ander se regte beinvloed.

Cherokee ·

Dankie vir die uitwysing, MJ. Wat nogal interessant is aan jou verduideliking is dat dit daarop dui dat wetgewing teoreties gewyse (in sommige opsigte) meer demokraties geword het maar prakties gesproke meer outokraties.

Scalla ·

Hy was vol whiskey en toe n oproep van die Guptas gekry, die kernkrag ooreenkoms is deur Gigaba geteken en hy was nog nie eens aangestel nie, benoude katte maak benoude spronge

Alida ·

Onthou niks uit die verlede kan vergelyk word met die sotlike besluite wat hierdie stortkop nar doen nie.

Cherokee ·

Toegegee, maar die ooreenkoms is dat die massa steeds niks van politiek as weet nie. Dat die stem van ‘n straatveër dieselfde gewig dra as die van ‘n professor. En soos Nasionaliste dit destyds as verraad beskou het om teen die Nasionale Party te stem, so voel die ANC-lede nou oor die ANC en vandaar die beskerming van Zuma. Eintlik behoort mens ‘n eksamen (of toets) skryf voor jou stem deel kan vorm van diè wat jou land se toekoms bepaal. Dan sal mense nie vandag betoog teen die regering en more vir dieselfde regering stem, nie.

Cornelis Loots ·

Doen die DA politici enigiets as behalwe om politieke gewin daaruit te kry.?Laat hulle maar net tenvolle aanbewind kom,endan praat ons weer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.