Zuma reageer op hofuitspraak

Pres. Jacob Zuma (Foto: GCIS)

Die presidensie het gesê die appèlhof in Bloemfontein se uitspraak in die sogenaamde spioenasiebande-saak is teleurstellend maar lank verwag.

Die appèlhof het pres. Jacob Zuma en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se aansoeke om verlof tot appèl met koste van die hand gewys.

Zuma en die NVG het die appèlhof genader nadat die hooggeregshof in Pretoria verlede jaar beslis het dat die besluit om Zuma nie te vervolg nie irrasioneel was en dat die 783 strafregtelike aanklagte teen die president weer ingestel moet word.

Dr. Gongani Ngqulunga, pres. Jacob Zuma se woordvoerder, het gesê die effek van die appèlhof se besluit is dat om Zuma te vervolg die enigste wettige besluit is wat die NVG geneem het. “Dit beteken dat die voorleggings nie oorweeg is nie en die verwagting is dat die nasionale direkteur van openbare vervolging nou hierdie voorleggings sal oorweeg onder die korrekte wetlike voorskrifte en ʼn wettige besluit daaroor sal neem.”

Ngqulunga het gesê enigiemand het die reg om die tipe voorlegging te maak en te verwag dat ʼn wettige besluit geneem sal word.

Zuma en die NVG het die appèlhof genader nadat die hooggeregshof in Pretoria verlede jaar beslis het dat die besluit om Zuma nie te vervolg nie irrasioneel was en dat die 783 strafregtelike aanklagte teen die president weer ingestel moet word.

Die appèlhof se uitspraak kom nadat Zuma se regspan verlede maand in dié hof toegegee het dat die besluit om Zuma nie op 783 aanklagte van onder meer korrupsie te vervolg nie, irrasioneel was.

Mokotedi Mpshe, destydse hoof van die NVG, het in 2009 besluit om Zuma, toe net ANC-president, nie te vervolg op aanklagte van korrupsie, rampokkery, geldwassery en bedrog nie. Zuma was ten tyde hiervan in ʼn magstryd met die voormalige president, Thabo Mbeki, gewikkel.

Mpshe het die saak laat vaar nadat hy na die bandopnames, gesprekke tussen Bulelani Ngcuka, Mpshe se voorganger, en Leonard McCarthy, hoof van die Skerpioene, geluister het. Mpshe was glo van mening dat McCarthy die proses vir verskuilde doeleindes gebruik het, naamlik ʼn politieke komplot om glo te verhoed dat Zuma president word.

Die DA het aangevoer Mpshe se besluit was irrasioneel, onredelik en geneem met ʼn verskuilde politieke agenda en hulle het hulle tot die hof gewend om die besluit te laat omkeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

zoom zoom ·

Abrahams gaan hom nie self van die soustrein afgooi nie. Die ding gaan nog lank gerek word.

Eish ·

Daar begin die rieldans.
” … voorlleggings is nie oorweeg nie…”
Die reëlmaat waar teen onbekwame persone aangestel word, laat die gedagte ontstaan dat dit juis gedoen word te wille van die skep van skuiwergate vir later gebruik.
Agt jaar lank reeds en geregtigheid het steeds nie geseëvier nie.
So is ons getransformeer van atleties na invalied.

Penellope Jones ·

Op een of ander manier sal hy hieruit ook wegkom.

al ·

Zuma moet ons belastinggeld teruggee vir die sloer van die hofsaak. Die hofsaak het blykbaar R30 miljoen rand uit ons publiek se sak gejaag.

Alida ·

Hele paar plakkerskampe kon vervang gewees het met die biljoene wat deur een persoon gemors en/of gesteel is. Vieslike skande.

Ada ·

Gerrie Nel gaan Zuma vervolg en en ek prrsoonlik hopelik vir Abrahams.Daar is soveel andere wat hy kan vervolg dat hy nooit weer sal kan ophou werk nie.

Jerry ·

Die lingse knoppe se daar is 18 strafregtelike aanklagtes en nie 783 nie. Is dit waar? Ek dink dis die liberale poging om die krimineel zuma beter te laat lyk.

Eddie Roos ·

Ek is seker Zumpie en sy pionne het lankal planne agtermekaar om weer by ‘n sydeur uit te glip !!

Vermeende ·

Zuma sal nooit die binnekant van die tronk sien nie en daarvoor sal n revolusie sorg. Vir solank hy regeer en nie die tronk in die gesig staar nie vir so lank sal die blanker verduur word, vervolg hom en ons revolusie is hier, merk my woorde!

Andre ·

Ek (en ander gewone mense) verloor vertroue in die regstelsel van SA.

GROOT SIRKUS

Zuma is net die oortjies van ‘n VET SEEKOEI van medepligtiges wat die regstelsel uitbuit.

No 1 kan nie al die goed self uitdink nie … daarom is die eintlike skuldiges die regslui wat hom ondersteun. (Kemp ens)

Kla Zuma en sy trawante (regsmense) aan van:

1. verraad teen die RSA
2. sameswering teen die staat
3. regsverydeling / dwarsboming van die gereg

4. wangedrag en onetiese regspraktyk.

Kry hulle (die regslui) geskors en laat hulle al die belastinggeld terugbetaal wat hulle onregmatig verkry het (soos KPMG en Bell Pottinger).

Tot dusver het nog geen ANC krimineel sy / haar regverdige tronkstraf uitgedien nie.

Dit maak van ons regstelsel ‘n grap.

Ons demokrasie huiwer op die randjie van die afgrond wanneer selfs Nathaniël oor die radio sê: “vlug terwyl jy kán!”

Boet Fasie ·

Andre my maat jy verstaan verkeerd- tronke is nie daar vir politieke misdadigers nie, maar vir wit mense. Jou velkleur bepaal jou straf en of jy parool kry.

Cherokee ·

Boet Fasie my maat, (dit geld ook vir die Andre’s, buitestaanders’ Verdagtes, vernneendes en almal nie genoem…. julle mor, huil, snik en kla oor dieselfde items maar hou dit open.
julle wil dus net deel wees van die massa anders sou ons al van julle gelees het!
Lees rond, dink rond en moet nie opinies dupliseer maar wees oorspronklik!

Jack ·

Ons moet toegee: Zuma is ‘n uitgeslape kalant en streetwise. Hy sal sekerlik ook hierdie ou stormpie oorleef en misdadig voortstorm. Hy het lankal die regte lakeie in die regte posse. Number One is “untouchable”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.