SABC se Vuyo Mbuli sterf

Vuyo Mbuli Foto: SABC

Vuyo Mbuli, bekroonde televisie- en radioaanbieder van die SABC, is Saterdagaand oorlede nadat hy die rugbywedstryd tussen die Cheetahs en Reds by die Vrystaatse stadion bygewoon het.

Mbuli (46) het tydens die wedstryd flou geword en is by die toneel behandel voordat hy na die Bloemfontein Mediclinic gejaag is, berig die SABC. ‘n Woordvoerder van die familie het gesê die oorsaak van sy dood is nog nie bepaal nie. Die woordvoerder versoek dat die gesin se privaatheid respekteer word terwyl hulle dié tragedie probeer verwerk.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Sonja ·

Sjoe kan dit nie glo nie, Morning live sal nooit weer dieselfde wees sonder hom nie. Kan nou nog hoor “goeie genade. Sterkte aan die familie.

JEAN GARNER ·

sterkte aan sy mense…dis so jammer,dis al hoekom ek die nuus op tv 2 gevolg het…hy was wonderlik in die aanbieding wat hy gedoen het…..

Johann Dieter ·

Het die nuus van Vuyo nou net op FB gelees , sit hier in OMAN.
My pa en ma in SA het snot en trane gehuil.

Carin ·

Dit is so tragies! Hy was ‘n wonderlike man met soveel talent.
My innige simpatie aan sy familie en vriende.

D Fourie ·

Baie jammer en tragies hy was ‘n uitstekende omroeper, medelye aan sy familie.

Sharon Theys ·

My hart gaan uit na Vuyo se familie…Ek weet God se liefdevolle arms omvou julle vandag en altyd.Vuyo ons gaan jou stem MIS!!Ons sal altyd vir jou lief bly want jy het al deel van ons gesin geword oor die jare…jou stem is stil…maar jou uitstaande karakter [al was dit net oor tv wat ons jou geken het] sal ons altyd bybly.

Rinette Batt ·

Weet nie wat om te sê nie – hy was ‘n wonderlike mens, al het ek hom nie persoonlik geken nie. Sy liefde vir almal het uit hom gestraal. Gaan hom regtig mis.

Marina ·

So tragies. Kyk elke oggend van my lewe Good morning South Africa. Hy en Lee Ann was die oulikste span, More oggend gaan dit soos begrafnis voel.

Marietta ·

So jammer…Sy vriendelik gesig sal gemis word..n groot leemte vir SABC..

Erika ·

Het dit gisteroggend op FB gelees, en kon dit skaars glo. My innige simpatie aan sy familie. Hy was ‘n puik mens.

Suzette ·

Ai wat ‘n skok…… Ons gaan “Sharp Sharp” mis! Altyd positief!!! Medelyeaan sy familie. xxx

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.