Slotbetoë in Malema-verhoor Sondag gelewer

ANC-jeugligaleier, Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die dissiplinêre verhoor van die ANC-jeugligaleier, Julius Malema, is Sondag by Luthuli-huis in Johannesburg voortgesit.

ʼn Woordvoerder van die ANC, Keith Khoza, sê slotbetoë sal Sondag gelewer word. Die verhoor is vroeër vertraag nadat Malema laat opgedaag het. Die ANC se dissiplinêre komitee sê die uitkoms van die saak sal teen einde volgende week aan die publiek gekommunikeer word. Die komitee sal in die volgende paar dae ʼn beslissing skryf wat dan na die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, gestuur sal word. Daar is ʼn streng polisie teenwoordigheid in die Johannesburgse middestad. Malema en vyf van sy kollegas word daarvan aangekla dat hulle die ANC in oneer gebring het en verdeeldheid in die party saai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.