Studiefonds vir jong, belowende mediese studente gestig

Voor van links na regs is Lindie Strydom, Danie Brink, Dr Erich Theunissen en Dinah Theron. Agter is Opell Greeff, Dr de Jongh (kleinseun van AG Visser), Dr Piet Barnard (Hoof van Afrikaanse Geneesheer Vereniging) en Hannes Nell.

Die A.G. Visser Geneeskunde-studiefonds is Dinsdagaand tydens ’n spoggeleentheid by die Centurion-teater gestig. Die studiefonds sal deur Solidariteit Helpende Hand se Afrikaanse Beursinstituut bestuur en geadministreer word.

“Deur die A.G. Visser Geneeskunde-studiefonds wil Helpende Hand vir ’n behoeftige student wat die potensiaal het om in die veld van geneeskunde te studeer, die geleentheid bied om hierdie toekomspad te kan volg,” sê dr. Danie Brink, die uitvoerende hoof van Helpende Hand. “Hierdie stap sal ook ’n bydrae lewer om ons land se tekort aan opgeleide geneeskundiges te verminder.”

Soos A.G. Visser, begaafde mediese dokter, digter en kunstenaar, het prof. Oppell Greeff, hoof van die departement farmakologie aan die Universiteit van Pretoria, uit behoeftige omstandighede gekom en uiteindelik ’n suksesvolle mediese loopbaan gevolg. Prof. Greeff het die gehoor aangemoedig om self beurse te stig of tot fondse soos die A.G. Visser Geneeskunde-studiefonds by te dra. Hy het gepraat oor die belangrikerol wat ’n studielening vir hom as ’n behoeftige jong student] gespeel het.

Vanjaar fokus Helpende Hand op die uitbou van die beursplatform sodat nog meer voornemende studente die geleentheid kan kry om hulle te bekwaam om uiteindelik ’n bydrae tot die ekonomie en hul eie families te kan lewer.

Die Afrikaanse Beursinstituut is in 2003 gestig om finansiële ondersteuning aan Afrikaanse studente te bied. Die beursplatform het sedertdien tot 74 beurse gegroei. Vanjaar is R7 miljoen se beurslenings aan 529 behoeftige studente toegeken. Ongeveer 2 500 studente is al in totaal op dié manier gehelp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

monica ·

Ek wil ook graag aansoek doen vir n beurs om in die mediese rigting te gaan studeer deur in diens opleiding,sal iemand my asb kan help?ek wil graag verder studeer maar het nie die geld daarvoor nie….

ANNETTE BESTER ·

MY SEUN WIL SO GRAAG VOLGENDE JAAR MBCHB GAAN STUDEER MAAR DIE FONDSE IS ONGELUKKIG NIE BESKIKBAAR NIE. KAN JULLE ASB VIR MY ENIGE INLIGTING EN AANSOEKVORMS STUUR OM AANSOEK TE DOEN VIR BEURSE? DANKIE.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.