Twee dood, talle beseer in botsing

Foto: Dawie de Jong/ER24

Foto: Dawie de Jong/ER24

Twee mense is Saterdag dood en talle beseer nadat ʼn minibustaxi en ʼn motor op die N4 by die Schoemanskloof-afrit naby Nelspruit, Mpumalanga gebots het.

Volgens paramedici van ER24 het die minibustaxi omgeslaan en teen ʼn wal afgerol nadat dit reg van voor teen die motor gebots het. ʼn Tiener, wat uit die taxi geslinger is, en nog ʼn persoon wat onder die taxi se sleepwaentjie beland het, is op die toneel dood verklaar. Die bestuurder van die motor en sy passasier moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word. Die bestuurder het ernstige kopbeserings opgedoen en is per helikopter na die Rob Ferreira-hospitaal in Nelspruit geneem. Volgens paramedici is minstens 11 mense in die ongeluk beseer.

Foto: Dawie de Jong/ER24

Foto: Dawie de Jong/ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.