Video: Waaghals laat rekords spat met ruimte-vryval

Foto: Youtube

Die wêreld het Sondagaand in vrees en verwondering gekyk hoe Felix Baumgartner, die Oostenrykse waaghals, uit die ruimte gevryval het.

Meer as sewe miljoen mense het op Youtube gekyk toe Baumgartner die eerste persoon geword het om 1 110km/h, die spoed van klank, te oortref. Dit het ʼn helium-lugballon sowat twee ure geneem om Baumgartner se ruimtekapsule na sowat 39km bo die aarde te vervoer voor hy die vryvalsprong na die aarde gemaak het. Baumgartner het minstens drie rekords in die slag laat bly met sy vryvalsprong: die hoogste vryvalsprong, die vinnigste spoed ooit deur ʼn mens en die eerste persoon om die klankgrens te oortref. Baumgartner het ʼn topspoed van sowat 1 342km/h bereik tydens sy vryvalsprong.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.