Die SABC het die oorledene geïdentifiseer as die 45-jarige Joos Boonekamp. Reinardt Geldenhuys, bestuurder van Overberg-rampbestuur, het aan die uitsaaier gesê die Burgerlugvaartowerheid se ondersoek sal probeer vasstel of meganiese probleme tot die ongeluk bygedra het.
Maroela Media het gister berig dat die vliegtuig naby ‘n vliegveld neergestort het kort nadat dit opgestyg het.