Vliegtuigongeluk by OR Tambo

Foto: @ricic, Twitter

ʼn Passasiersvliegtuig se wiel het Dinsdagoggend by die O.R. Tambo-lughawe aan die brand geslaan net voor dit kon opstyg.

Unathi Batyashe-Fillis, woordvoerder van die lughawensmaatskappy Acsa, sê hulle weet nog nie watter tipe vliegtuig by die voorval betrokke was, of wat die brand veroorsaak het nie.

“Niemand is in die voorval beseer nie. Een van die vliegtuig se wiele het aan die brand geslaan, maar ek bevestig dat die vliegtuig nooit opgestyg het nie,” het sy gesê. Batyashe-Fillis het bygevoeg dat die vliegtuig van die vragaanloopbane sou opstyg, maar dat dit ʼn privaat passasiersvliegtuig was en dat daar wel passasiers aan boord was.

Die vlug was geskeduleer om 07:30 na Lilongwe, Malawi te vertrek. Daar was glo 120 passasiers en sewe bemanningslede aan boord.

Volgens Batayashe-Fillis gaan die burgerlike lugvaartowerheid (CAA) die saak verder ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.