Vliegtuigongeluk met 153 aan boord

'n Vliegtuig het Sondagmiddag teen 'n gebou in Lagos, Nigerië vasgevlieg. Foto: rt.com

ʼn Vliegtuig met 153 passasiers aan boord het Sondagmiddag teen ʼn tweeverdieping-gebou in Lagos, Nigerië, vasgevlieg.

Volgens die webwerf, BBC Africa, het die vliegramp verskeie lewens geëis, maar amptenare kon nog nie presiese getalle deurgee nie. Nooddienspersoneel is tans op toneel. Dik swart rookwolke het by die toneel in die lug ingeborrel en plaaslike inwoners sê hulle het gesien hoe liggame in die vuur brand.

Volgens die hoof van die Nigeriese burgerlugvaartowerheid was die vlug van die Dana-lugredery op pad na Lagos nadat dit vanaf Abuja opgestyg het. Amptenare het wel bevestig dat daar 153 mense aan boord van die vlug was.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.