Vragmotorstaking: Alle vakbonde aanvaar aanbod

Die vervoerstaking is amptelik verby nadat al vier vakbonde Vrydag in Braamfontein ‘n driejaar-loonooreenkoms met werkgewers geteken het.

Die staking het drie weke geduur en verskeie gewelddadige aksies uitgelok. Die staking het ook landswyd ‘n uitwerking op aflewering van brandstof en verbruikersprodukte gehad. Volgens die loonooreenkoms sal werknemers ʼn verhoging van 27% oor drie jaar ontvang. Hulle sal ‘n 10% verhoging in die eerste jaar ontvang, 8% in die tweede jaar en 9% in die derde jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Petro Doman ·

Ja ja. Ons hoor hulle het dit so aanvaar. Maar weet julle wat, volgende jaar strike hulle weer want dan het hulle alweer vergeet van die 3-jaar ooreenkoms!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.