Vrou spring uit “ontvoerder” se voertuig

‘n Vrou wat glo ontvoer is, is veilig nadat sy uit die verdagte se Land Cruiser-voertuig gespring het.

“Die bestuurder van die voertuig het stadiger begin ry toe hulle Donderdag ‘n ongelukstoneel op die N2 naby Esikhawini genader het,” het kaptein Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal gesê. “Die vrou het uitgespring en na die polisie toe begin hardloop. Die bestuurder het ‘n U-draai gemaak om van die polisie af weg te vlug. Beamptes op die toneel het agterdogtig geraak en die man agterna gesit.”

Die voertuig is ‘n paar kilometer van die ongelukstoneel afgetrek en deursoek.

“Die vrou wat uit die voertuig gespring het, het gesê dat die bestuurder, van Esikhawini FET-kollege, haar ontvoer het, en dat hy gedreig het om haar dood te maak,” het Zwane gesê. “Boonop het die vrou gesê dat die verdagte beweer het dat hy lobolo vir haar betaal het en dat sy hom verwerp.”

Die 30-jarige man is van ontvoering en intimidasie aangekla en sal binnekort in die landdroshof in Esikhawini verskyn.

Die polisiebeamptes was op die toneel waar die bestuurder van ‘n minibustaxi ‘n verkeersbeampte omgery het, en sy been beseer het. Die bestuurder is van poging tot moord en roekelose en nalatige bestuur aangekla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

melanie scott ·

Sjoe sy is omtrent gelukkig dat ‘n. Ongelukstoneel heel moontlik haar lewe gespaar het!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.