Vrou sterf na sy in verkeerde baan ry

Foto: ER24

‘n Vrou is Saterdagoggend dood toe haar voertuig ‘n vragmotor reg van voor op die N3 in Edenvale aan die Oos-Rand getref het.

Die vrou, vermoedelik in haar 20s, het in die aankomende verkeer se baan met haar Renault gery. “Sommige motoriste het probeer om haar in te lig dat sy in die verkeerde baan ry,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, gesê. “Sommige motoriste het verduidelik dat hulle hul toeters gedruk het om haar aandag te trek en haar sodoende van die pad af te trek.”

Vermaak sê haar liggaam was in die voertuig onder die vragmotor vasgekeer. Lewenskake is gebruik om haar uit die wrak te bevry. Volgens Vermaak is die twee insittendes van die vragmotor op die toneel vir skok behandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.