Vrou sterf voor 21ste verjaardag

Siobhan Natasha Smit is Woensdag op die vooraand van haar 21ste verjaardag, op ʼn deurpad doodgery nadat haar voertuig onklaar geraak het.

Die Cape Argus berig Smit se voertuig het omstreeks 20:30 op die N2-deurpad naby Somerset-Wes onklaar geraak.

Smit en ʼn passasier het uit die voertuig geklim om die probleem op te spoor toe ʼn wit bakkie van agter in hulle vasgery het. Smit is op die toneel dood en die passasier is in ʼn nabygeleë hospitaal opgeneem. Smit sou vandag haar verjaardagpartytjie gevier het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.