Wêreld-meisiesdag: Meisies moet jonk trou om verkragting te voorkom

‘n Kinderhuwelik in Indië. Foto: ANP

Terwyl die VN vandag op Wêreld-meisiesdag juis kyk na die probleem dat bitter jong meisies in gereëlde huwelike beland, het ‘n Indiese “raad van wyse ou manne” aanbeveel dat meisies juis jonk moet trou om verkragting te bekamp.

Hulle het ook aanbeveel dat die ouderdom waarop meisies mag trou, om dié rede verlaag word. Volgens hulle is dieselfde strategie “met sukses” tydens die heerskappy van die Moghuls gevolg.

Dié tradisionele raad uit Haryana, naby die Indiese hoofstad Delhi, het gekom na ‘n 16-jarige meisie van die omgewing deur ‘n groep mans verkrag is. Inwoners van die omgewing en ‘n polisieman het toegekyk sonder om in te gryp. Die meisie het daarna paraffien oor haar self uitgegooi en aan die brand gesteek. Sy kon nie gered word toe sy na die hospitaal geneem is nie.Van die verdagtes is intussen in hegtenis geneem. Dit was die 14de verkragting in die area.

Miljoene meisies wêreldwyd word steeds in verpligte huwelike ingedwing, wat gewoonlik ook beteken dat hul skoolopleiding kortgeknip word. Wêreldwyd gaan 75 miljoen meisies nie skool toe nie, berig Trouw.

Die verslag, Because I am a Girl – The State of the Worlds Girls 2012, word vandag uitgereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ann ·

Sjoe dis bietjie rof. Watter tipe kinderlewe sal die kinders deesdae hê? En gaan dit verkragtig keer? Aikôna! Dis mos dan juis verkragting om kinders (die enetjie lyk nie ouer as 10 nie) in ‘n HUWELIK in te dwing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.