10 vermis ná skepe bots

‘n Argieffoto van die USS John. S. McCain. Foto: James Vazquez/US Army via AP.

Tien bemanningslede word vermis nadat ’n Amerikaanse oorlogskip teen ’n olietenker gebots het.

Die botsing tussen die USS John S. McCain en die handelskip Alnic MC het Maandag oos van Singapoer plaasgevind. Dit is die tweede voorval in twee maande waarby ’n oorlogskip van die Amerikaanse vloot betrokke is.

Vyf bemanningslede van die USS John S. McCain is in die botsing beseer en 10 word vermis. Vier is per helikopter na ʼn hospitaal vir behandeling geneem terwyl die ander bemanningslid nie verdere mediese behandeling benodig het nie.

Skepe en sleepbote van Singapoer staan Amerikaanse weermagvliegtuie en helikopters in die soektog na die bemanningslede by.

Daar was geen onmiddellike verduideliking vir die botsing nie. Volgens berigte lek daar nie olie uit die Alnic MC nie en is geen van die skip se bemanningslede beseer nie.

Die seeweg om Singapoer is een van die besigste in die wêreld.

Pres. Donald Trump het ook sy kommer uitgespreek oor die vermiste matrose en getwiet sy gedagtes en gebede is by die matrose en die soekpogings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Eish ·

Tweede keer in twee maande. Met al die tegnologie op n militêre skip steeds n botsing? Met die verkeerd in die area moet jy mos ekstra versigtig wees. JAG gaan oortyd werk.

Ben ·

Dink net, as hulle nie eers ‘n groot tanker kan raaksien nie, hoe gaan hulle ‘n duikboot of ‘n misiel kan sien, “never mind” stop? Miskien moet Trump gaan kniel voer Kim en groot pleit vir vrede wat op hierdie manier sal hulle nooit ‘n oorlog kan wen nie. Hulle se die Geskidenis herhaal homself. Vietnam, Sudan, Afghanistan, Noord Korea…..

Justice ·

Hoe groter die ander skip hoe makliker die teiken – binnekort hoor ons van `n ligtoring wat nie wou uitdraai nie.

thelsa ·

Magtag en ek het gedink ons opleiding in Souf Efrika is pateties. Ons begin goed lyk teen wêreldmoonthede. Ons Vlootvaartuie kan gelukkig nie bots nie want dit is nie seevaardig nie en is geanker in Simonstad (die enkeles wat nog oor is)

Edward Shawe ·

Nogals vreemd dat sulke voorvalle nou skielik agtereenvolgend plaasvind. Ek meen die skepe is mos ook toegerus soos vliegtuie met al die moderne tegnologie. Dit wil vir my voorkom of daar meer as net n blote ongeluk agter die hele storie is.

Kassie ·

Gebeur as mens dink jou skip is die enigste belangrike een op die see..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.