Akteur breindood verklaar ná toneel skeefloop

Raphael Schumacher Foto: Facebook

Raphael Schumacher Foto: Facebook

ʼn Italiaanse akteur is breindood verklaar nadat hy op ʼn verhoog gewurg is toe ʼn hangtoneel skeefgeloop het.

Die Teatro Lux in Pisa het in ʼn verklaring gesê die teater word vir 10 dae gesluit ná die “ondenkbare tragedie”. Alle aktiwiteit en vertonings is opgeskort.

Raphael Schumacher (27) was besig met ʼn monoloog oor eksistensiële ongelukkigheid tydens adolessensie, ʼn toneel wat met die nabootsing van ʼn selfmoord eindig, toe hy aan die tou verwurg het.

Die voorval het reeds op 30 Januarie tydens ʼn privaat vertoning plaasgevind. Hy is Donderdag by die Universiteitshospitaal van Pisa klinies dood verklaar, waar hy sedert verlede naweek in ʼn koma was.

Die polisie ondersoek vier persone wat by die teater werk, vir ʼn moontlike aanklag van manslag.

Die Corriere della Sera, ʼn plaaslike koerant, het gesê Schumacher het ter elfder ure besluit om ʼn tou, eerder as ʼn pistool, in die selfmoordtoneel te gebruik. Owerhede vermoed daar is nie aan behoorlike veiligheidsvereistes voldoen nie.

Lees meer: BBC, Daily Mail, Il Tirreno

Raphael Schumacher

Raphael Schumacher

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Daardie “tot ‘n hangtoneel skeefgeloop het” klink of dit eerder “toe ‘n hangtoneel skeefgeloop het” moet wees.
Wat sou “Die waarheid” hiervan sê want hy/sy is mos die slimme?

Sune van Heerden ·

Dagsê Wat-ek-lees

Ons vra om verskoning vir die tikfout – dit moet inderdaad “toe” wees.
Ons het die berig gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Alete Muller ·

Jy is so reg! Dit verstom my elke keer dat dieselfde op Facebook ook gebeur. Mense vat mekaar so aan oor die simpelste goed ipv konsentreer op die inhoud van die artikel. Dis asof sommige mense net sit en wag om te kritiseer. Ek glo hulle het ‘n baie vervelige lewe en het niks anders om te doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.