Akteur sterf ná operasie

Bill Paxton. Foto: Richard Shotwell/Invision/AP, File

Bill Paxton. Foto: Richard Shotwell/Invision/AP, File

Die Hollywood-akteur Bill Paxton, bekend vir sy rolle in Apollo 13 en Titanic, is oorlede ná komplikasies weens ʼn operasie.

Paxton was 61 jaar oud. ʼn Familieverteenwoordiger het sy afsterwe bevestig, maar geen verdere besonderhede is bekend gemaak nie.

Paxton het ook in regisseur James Cameron se rolprente The Terminator en Aliens gespeel. Hy was ook te sien in Twister en Mighty Joe Young.

“Sy passie vir die kunste kon aangevoel word deur almal wat hom geken het en sy warmte en onvermoeide energie is onmiskenbaar,” lui die verklaring van die familie.

Die familie het versoek dat hul privaatheid in dié tyd gerespekteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jakalas ·

Ek het eronies genoeg gister Titanic gekyk. Watse tragiese nuus.

RIV ·

Baie sad, so baie akteurs en bekendes het in die afgelope tyd gesterf.

Net vreemd dat die Afrikaanse koerante ook nou aanteem met GEE HULLE HULLE PRIVAATHEID, ek weet nie eers waar die man gebly het of wat sy nommer was nie, nog minder wie sy familie is, dink iemand ek gaan vir hulle gaan kuier of hulle bel of WAT is die PIRVAATHEID tjol alweer? Hou dan alles privaat .. sjjjjjjjjjjjjttttttttttt!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.