Antieke ‘vuurhoutjieboks’ ontdek

Foto: Israel Antiquities Authority Jewish Press

Argeoloë in Israel wat die terrein ondersoek waarlangs ’n nuwe hoofweg gebou word, het ’n baie skaars klipvoorwerp gevind wat gebruik was om vuur mee te maak.

Die klip bevat twee gaatjies wat onderling verbind is. Stokke is dan in die openinge gedruk, en geweldig vinnig in die rondte gedraai tot dit genoeg hitte opgewek het om die ontvlambare materiaal wat ook in openinge geplaas was aan die brand te laat slaan.

Volgens Anna Eirich-Rose, hoof van die uitgrawingsprojek, is die voorwerp 9 000 jaar oud en dateer uit die Neolitiese 2-tydperk. Dit val saam met die tyd toe mense hulle begin vestig en met landbou begin het. Vuurmaak in die gebied was 10 000 jaar gelede al algemeen.

Die oudste vure in die omgewing is sowat 800 000 jaar gelede gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Gert ·

Hier gaan ons weer met die goedjies wat hulle op grawe en beweer hoe oud dit is. As jy die boksie omdraai staan daar LION op?

Herman Toerien ·

Hallo Gert. Ek vra mooi dat jy begrip moet hê dat ek nie die lesers kan sensor wat dié soort inligting graag wil hê nie. Ons het onlangs ‘n artikel gehad oor hoe ouderdomme bepaal word – en van die metodes is genoem – en daar is wetenskaplik gesproke van “beweer” geen sprake nie. Buitendien pas die wetenskaplikes gewoonlik drie metodes (soms tot ses) toe om seker te maaak die syfers kom ooreen. En ons gaan baie arm wees as ons alles uitsluit wat ouer as 6 000 jaar is. Hieronder is ‘n artikel oor ‘n sterrestelsel wat 230 mijoen ligjare van die aarde is. Volgenss Genesis is die aarde voor die sterre geskep, dus moet die aarde baie ouer wees om daardie sterre te kan sien. Dis ook in pas met die beleid van die groot Afrikaanse kerke (en ek hou dit op skrif), ook my eie kerkverband.

Gert ·

Daai vuur van 800000 jaar terug moet n nuwe wêreld rekord wees… My vraag is wie gooi die heeltyd hout op???

BOLANDER ·

WENS EK HET DAARDIE TYD GELEWE, GEEN A N C !!!!!!!!!!!!!!!

humor ·

Daai 800,000 jarige vuur hou dit nie verband met die hel nie?

Daniel ·

Volgens die bybel is die aarde sowat 6000 jaar gelede geskape. Hoe in die wereld kan dit so oud wees.

MCH ·

Ek sal dit hoog op prys stel indien daar ook artikels geplaas word wat ons skeppings aanhangers ook in vrede kan vind. Byvoorbeeld hoekom word daar koolstof 14 gevind in fossielle wat na bewering miljoene jare oud is terwyl koolstof 14 in minder as 100 000 jaar ontbind tot onnaspeurbare vlakke. Met NASA se eerste maanlanding het wetenskaplikes uit gewerk dat die ruimtestof op die maan na genoeg 19 voet dik moes wees gebasseer daarop dat die maan miljoene jaar oud is. Met die landing was dit slegs n paar duim diep. Berekening daarvan toon toe aan dat dit n rapsie ouer as 6000 jaar is! Die hoeveelheid supernova oorblyfsels(remnants) in ons sonnestelsel is gelykstaande (consistent) aan ongeveer 7000 jaar. DNA gaan verlore met elke nuwe generasie. Waar is die evolusie daarin? Rotsformasies neem nie noodwendig miljoene jare om te vorm nie. Mount Saint Helens het slegs 3 ure geneem. Jy kan nie die heel al sonder die Skepper verduidelik nie. In teenstelling met wat Stephen Hawking te vertelle het, fisiese wette soos byvoorbeeld swaartekrag kan nie die heelal verklaar nie, wette op hul eie kan niks skep nie, dit is slegs n beskrywing van wat gebeur onder sekere omstandighede. Die probleem met ons skeppings aanhangers is dus nie die afwesigheid van bewyse nie, maar die doelbewuste onderdrukking daarvan. Amen, my sprook gespraak.

Willem ·

MCH

Daar is meer radiometriese dateringsmetodes as slegs die wat koolstof-14 gebruik. Daar is antwoorde op al jou vrae / verkeerde aannames, ek vermoed jou ‘confirmation bias’ keer jou om die antwoorde te kry

Baie christene glo in ‘n ou aarde

MCH ·

Herman, jou antwoorde op kritiek is puik en ek stem saam daarmee dki. Ek is n skeppingsaanhanger maar oop vir oortuiging. Ek stem ook saam met jou stelling dat die aarde baie oud is. Ons vind dit in Genesis 1:1 ” In die begin het God die hemel en die aarde geskape.” Wetenskaplikes lank geneem om dit ager te kom. Die die elemente wat hier beskryf word is:
Begin – tyd
Hemel – uitspansel of ruimte
Aarde – materie.
Dki vir goeie joernalistiek.

Roets ·

Ek dink die evolusie-teorie sowel as die oerknal-teorie is interessante moontlike maniere wat God gebruik het om die aarde, en later die eerste mense met siele, te skep.

Herman Toerien ·

Vanuit die geledere van die pseudo-wetenskappe kom gereeld aansprake dat die spoed van lig nie altyd dieselfde was nie. Dit sou dan verklaar hoekom ons iets miljarde ligjare ver kan sien terwyl ons fisies net 6 000 ligjaar ver sou kon sien. Daar was inderdaad onlangse eksperimente wat daarop dui dat ligspoed miljarde jare gelede vinniger as nou moes gewees het (baie effentjies vinniger), maar hierdie navorsing word erg betwis, oa omdat dit nog nie volledig gedoen was nie. Daar is egter geen manier waarop ‘n versnelde ligspoed voorwerpe wat bv 14 miljard ligjare weg is, sou laat lyk of dit 6 000 of minder lkigjare van die aarde is nie.

Louw Wepener ·

Dankie Herman

Daardie selfde bronne sê ook dat die half-lewe van verskillende radioaktiewe isotope ook nie konstant is nie – dis hoe hulle radiometriese datering wil wegpraat. Dis natuurlik snert, en eksperiment op eksperiment bewys hulle verkeerd.

Nico K ·

Herman, moet jou asb. nie steur aan al die kritiek nie. Daar is genoeg mense wat wel jou artikels interessant vind.

vermeende ·

Herman,
Die wetenskap is nog lank nie volmaak nie ook nie sy gevolgtrekings of antwoorde nie.
Volgens wetenskap het alles na die groot bang begin en alles uit n eenselige organisme tot waar ons vamdag gevorder het.
Die rekenaar is skaars 70jaar oud maar tog is daar n microchip gevind in n klip waarvan die ouderdom 250 mil jaar oud is.
Hoe pas hy by die evolusie en die wetenskap se verduidelikings in?

http://www.messagetoeagle.com/unusual-artifacts-250-million-year-old-stone-with-microchip-discovered/

Louw Wepener ·

“messagetoeagle.com” is nie ‘n betroubare bron nie, dis een van die webblaaie wat allerande “fringe theories” publiseer soos die “ancient astronaut theory”

Het jy enige ander bronne vir hierdie claim?

Louw Wepener ·

Uit jou artikel word beweer die “university of southern polytechnic nowoczesnej” het dit bestudeer, daar is geen universteit met die naam nie. Die artikel het geen “citations” na die navorsing wat hulle beweer gedoen is nie

EkGeeOm ·

Eks net hier vir die kommentaar en die een het my dag gemaak…

Willem ·

Gert, hoe nou? Jy het dan vir Herman mooi vertel hy moet nie die “sprokiesverhale” van die wetenskap aan jou verkondig nie? En nou voel jy anders? Geniet elke bydrae? Ek twyfel jong, jou kommentaar wys ‘n ander sy

Carel ·

Herman hou asseblief aan om die artikels te skryf. Steur jou nie aan van die kommentaar nie. Hulle moet dalk die Bybel behoorlik lees voor hulle die einste Bybel hier insleep.

Gert ·

Jys 100% reg. Ons moet almal die bybel behoorlik lees.
Hoekom maak almal of Herman/ julle die victim is? Ek het menigde kere dankie gese vir die artikel. Ek was beledig( kommentaar was verwyder) Herman dankie vir die berig en hou aan om met jou goeie werk.

Louw Wepener ·

Dieselfde Gert wat vir Herman vertel hy moet nie die feeverhale van die wetenskap kom vertel nie? Daai kommentaar is verwyder maar jy was neerhalend en beledigend

Ella ·

Die wyse Salomo het gesê:”As jy “dom” is moet dit nie aan die groot klok ophang vir almal om te hoor en vir jou onnoselheid te lag nie”. Sela.
Dankie vir jou puik artikels Herman!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.