Baba weeg byna 6 kg met geboorte

Baba Ziad (regs) en Jaisal Purewal (links) wat 2,8 kg met geboorte geweeg het. Die twee babatjies is twee minute ná mekaar gebore. Foto: 9 News Perth/Facebook

Baba Ziad (regs) en Jaisal Purewal (links) wat 2,8 kg met geboorte geweeg het. Die twee babatjies is twee minute ná mekaar gebore. Foto: 9 News Perth/Facebook

ʼn Ma van Perth in Australië se bondeltjie vreugde het 5,9 kg met geboorte geweeg.

Breanna Sykes, van Carramar in Perth, is gedwing om ʼn keisersnee te hê tydens Ziad Kadic se geboorte. Dié bulletjie is Saterdag om 19:15 gebore.

Volgens Perth Now is Ziad een van die grootste babas wat nog ooit in westelike Australië gebore is. “Een van die dokters het gesê dis die grootste baba wat hy in sy 15 jaar as ʼn dokter gesien het,” het die ma gesê.

ʼn Pasgebore baba weeg gemiddeld net meer as 3 kg.

Dokters het egter aan Sykes bevestig haar seuntjie, wat ongeveer so groot is soos ʼn drie maande oue baba, is “absoluut gesond” en hulle skryf sy buitengewone grootte toe aan gene.

Ma en baba sal na verwagting Dinsdag huis toe gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Daan van den Heever ·

Ek dink nie dit is baie itsonderlik nie. My vrou is in 1956 te Kurruman normaal gebore (sonder Keisersnit) met die gewig van 12 pond 13 onze of 5,81Kg. Haar Ma kon nie narkose ky nie en moes dit toe natuurlik geskied

shilo ·

Ek was n baba van oor 14 pond en is normaal gebore, vriendin van my se baba was oor 6kg in mid med middelburg en ook normaal gebore.

Tersia ·

My ouma het ses kinders normaal in die wereld gebring en die ligste een was 13lb. Dit kan gedoen word.

Wilmien ·

Ja dit kan gedoen word. Onthou net nie almal is met dieselfde bekken-bene gebore nie. Daar sal gevalle wees waar dit dood eenvoudig nie moontlik sal wees om normaal te kraam nie. Ek is bly beide ma en baba is gesond!

Semaarnet ·

My suster 43 jaar gelede gebore in die hosp my ma kon haar nie by die huis soos die ander kry nie sy was 5 1/2 kg.my ma het gese sy was amper dood so dis nie n grap om so n groot baba te kry nie

Anon ·

Ouch! Solank baba en mamma gesond is….. En ja my ouma se babas was ook groot almal oor die 12 pond babas, en sy was n klein vroutjie en normaal gekraam. My ou baba’tjie was 2.9kg. ;-)

charlene ·

Eina.. Kyk dankie tog daai was nie normaal nie. so bly om te sien mamma en baba is mooi en gesond. Dankie tog my baba het nie veel van gene gekry met geboorte nie want haar pa is `n bees van `n man en my familie is ook maar kort en rond, baba aan die ander kant was maar 2.8kg met geboorte. BAIE geluk aan die mamma en baba daar is die verre

Karma ·

Blikslaer!!! EK is bly ek (en sy ook) hoef hom nie te moes uitdruk nie! Kyk, ek dink om aan enige ‘normale’ baba van so 3 – 3,5kg sonder pynmedikasie of epidural lewe te skenk moet ‘n ervaring ‘straight out of hell’ wees, maar dan is daar die mammas wat my agterna vertel dat hulle al die pyn vergeet die oomblik wat daai pienk bondeltjie in hulle arms gelê het. Ek weet darem nie so mooi nie. Maar meeste mammas vandag is mos “too posh to push’ en die dokters weer te vinnig om ‘n keisersnee voor te stel (kyk, dan weet hulle mos daardie baba word só laat op daardie dag gebore, nie soos met ‘n natuurlike geboorte wat tyd vat nie). Ek ril as ek dink aan die verhale van die tannies hier bo wat aan 12, 13 of 14 pond babas lewe geskenk het! Dit is omtrent so 5½ na 6½ kg babas daardie! En ek het maar 2,05 kg by geboorte geleed (was ‘n vol-termyn baba), maar nou maak ek op in size daarvoor!

Ilona ·

Eina ouch….. my laaitie het 12kg geweeg toe hy skool toe is

Annelize ·

Eiiiiiiiiina! Ek is byna bokveld toe met my oudste se geboorte, en hy het maar ‘n beskeie 2.4kg geweeg. Daar was egter op daardie stadium ook in die saal ‘n vrou wat normaal geboorte gegee het aan ‘n 5kg baba. As ek al die kommentare so kyk, lyk dit ‘n algemene verskynsel te wees, maar ek haal nog steeds my hoed af vir die mamma wat dit normaal doen. Daar is nie genoeg narkose in die land vir my nie!

SkarrelKind ·

Ek het my staffi natuurlik aangeneem, geen keisersnee benodig nie en sy weeg nou 21 kg.

Annie ·

My eerste baba n seun gebore 1981 het 12 pond 7 onse geweeg. 5.76 kg.

Ma van 3 ·

My tweede seuntjie was ‘n allemintige 4.055kg, natuurlike geboorte en dit nog posterior (gesiggie kyk op in plaas van af). Ek het lank gedruk, maar gladnie eens geskeur nie. Dit was ‘n great ervaring! Daarna was my dogtertjie teen 3.7kg ‘n absolute breeze. Ek is 1.65m lank en weeg net oor die 60kg. Dit gaan als oor die bekkenbene. Groot babas kan natuurlik gekraam word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.