Beeste help dalk met MIV-entstof

Foto: Pixabay

Nuwe navorsing wat Amerikaanse wetenskaplikes pas in die vaktydskrif Nature gepubliseer het, toon dat beeste moontlik ’n teenliggaampie in hul immuunstelsel het wat in die toekoms as entstof gebruik kan word om MIV te beveg.

Hoewel wetenskaplikes nie in dié stadium die hele wetenskap agter die nuwe bevindinge bekend gemaak het nie, kan die nuwe bevinding dalk die langverwagte antwoord wees waarop navorsers wag.

Dié navorsing het bewys dat beeste se immuunstelsel ’n “verbysterende” manier het om MIV te neutraliseer. Dit beteken dat die teenliggaampies in beeste se immuunstelsels gebruik kan word om dié virus in die menslike liggaam teë te werk en oneffektief te maak.

“Uit die navorsing word vermoed dat beeste ’n hoë immuunverdediging ontwikkel het as gevolg van hul komplekse en bakterieryke spysverteringstelsel,” lui die artikel uit Nature.

Navorsers kon tot dusver nie daarin slaag om ’n entstof teen dié virus te vervaardig nie, omdat die virus te kompleks is – dit verander gereeld van voorkoms, en elke keer wanneer die menslike liggaam teen die virus begin veg, verander hy bloot dit wat die liggaam help om die virus te neutraliseer.

Volgens die wetenskaplike bevindings neem dit ’n mens bykans vyf jaar om dieselfde teenliggaampies te ontwikkel, waar dit by beeste binne ’n maand geskied.

“Die beeste se teenliggaampies kon MIV binne net 42 dae met minstens 20% neutraliseer. Oor ’n tydperk van 381 dae, kon die beeste se teenliggaampies die virus met 96% teëwerk,” sê dr. Devin Sok, een van die navorsers van die International Aids Vaccine Initiative- en The Scripps-navorsingsinstituut.

Sok sê bevindings soos dié is nog nie voorheen gemaak nie.

“In teenstelling met menslike teenliggaampies, is die teenliggaampies van beeste meer geneig om unieke eienskappe te hê wat dié virus heeltemal oneffektief kan maak.”

Sok sê dié navorsing word tans verder ondersoek om te bepaal of dit ’n rol kan speel ten opsigte van dié gevreesde virus by mense. Hoewel die navorsingspan nie té positief wil wees nie, sê hulle daar kan dalk in die toekoms selfs ’n moontlikheid wees om MIV vanuit die staanspoor te keer, sodat dit nie oorgedra kan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Mornay ·

Arme beeste wat deur die martiling moet gaan terwille van die “MENS’
en nou praat ek nie van die wat die SIEKTE op ge doen het deur verkragting nie
maar die wat hul self blood gestel het

Michael ·

HIV hou die getalle van mense in beheer soos nat jare die blouwildebeeste se getalle in toom hou dit is die natuur se manier.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.