Die wêreld in foto’s – 15 Maart 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wereld-foto-7

Die Nederlandse premier, Mark Rutte, groet ondersteuners nadat hy gestem het tydens die Nederlandse verkiesing. Foto: Patrick Post, AP

wereld-foto-6

Verpleegsters van Mianmar teken protes aan in Yangon, met kopbande met die woorde “hou op om verpleegsters te onderdruk”. Foto: Thein Zaw, AP

wereld-foto-8

ʼn Potvis van 12 meter lank word op ʼn trok gelaai nadat dit in vangnette verstrengel geraak en gestrand het. Dierkundiges kon die walvis uit die nette kry, maar die dier wou nie in dieper waters swem nie en het later gevrek toe hy gestrand het in vlak water aan die kus van Shenzhen. Foto: Mao Siqian, Xinhua.

wereld-foto-9

ʼn Lugfoto wys die blommeprag in Hongdu in China se Guizhou-provinsie. Foto: He Chunyu, Xinhua

wereld-foto-1

ʼn Indiese model vertoon klere wat met die hand geweef is tydens die Amazon Indiese modeweek in New Deli, Indië. Foto: Manish Swarup, AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.