Die wêreld in foto’s – 18 Mei 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Kanadese inwoners geniet die vuurwerkvertoning tydens die viering van Montreal se 375ste bestaansjaar. Foto: Graham Hughes/The Canadian Press via AP

Inwoners van Prairie Lake Estates Chetek, ʼn woonbuurt met mobiele huise in Wisconsin in die VSA, dra hul besittings uit ná ʼn dodelike tornado die gebied getref het. Nog swaar weer is op pad. Foto: Marisa Wojcik/The Eau Claire Leader-Telegram via AP

ʼn Man kyk na ʼn kis wat van papier gemaak is tydens die “Asia Funeral and Cemetery Expo” in Hongkong. Begrafnisonderneming is blykbaar ʼn winsgewende besigheid in Asië. Foto: Vincent Yu, AP

ʼn Plaaslike verkoper van Phnom Penh, Kambodja, is op pad na die middestad om “Num Bagnchok” te verkoop – ʼn smaaklike soort noedels. Foto: Heng Sinith, AP

ʼn Brug van 11,8 km oor die see verbind die eiland Nan’ao met die vasteland Shantou City in China se Guangdong-provinsie. Foto: Xu Jinpeng, Xinhua

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.