Die wêreld in foto’s – 21 April 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Verslaggewer neem vroeg Vrydagoggend ʼn beskadigde venster af by die Champs Élysées-boulevard in Parys in Frankryk. Die ikoniese baken is weer oop nadat ʼn gewapende man op die polisie begin skiet het. Een beampte en drie mense is gewond voordat die polisie die man doodgeskiet het. (AP Photo/Michel Euler)

Die Russiese paartjie, Evgenia Tarasova en Vladimir Morozov, by die World Team Trophy-sierskaatskompetisie in Tokio. (AP Photo/Koji Sasahara)

Mense soek herwinbare materiaal aan die buitewyke van Jammu in Indië. (AP Photo/Channi Anand)

Kerse brand in wingerde in Switserland weens ongewoon lae temperature. Wingerdboere beskerm die druiwelote deur teenvrieskerse te brand. (Ennio Leanza/Keystone via AP)

Boere en verbruikers versper die toegangspad na ʼn pluimveeplaas in Frankryk om te keer dat eende daar ingaan. Hulle probeer so die verspreiding van voëlgriep voorkom. (AP Photo/Bob Edme)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.