Die wêreld in foto’s – 22 Julie 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Konfetti en ballonne stort neer tydens die Republikeinse presidentskandidaat, Donald Trump, se aanvaardingstoespraak op die laaste dag van die Republikeinse Nasionale Konvensie in Cleveland, Ohio. Foto: AP Photo/Matt Rourke/wire.africannewsagency.com

Konfetti en ballonne stort neer tydens die Republikeinse presidentskandidaat, Donald Trump, se aanvaardingstoespraak op die laaste dag van die Republikeinse Nasionale Konvensie in Cleveland, Ohio.
Foto: AP Photo/Matt Rourke/wire.africannewsagency.com

’n Gemaskerde jong dwelmhandelaar poseer met sy vuurwapens in ’n krotbuurt van Rio de Janeiro, Brasilië. Tieners dra openlik vuurwapens terwyl hulle as wagte, verspieders en verspreiders vir die plaaslike dwelmbase dien. ’n Paar kilometer verder weg gaan derduisende toeriste en atlete eersdaags vir die 2016 Rio Olimpiese Spele aankom. Foto: AP Photo/Felipe Dana//wire.africannewsagency.com

’n Gemaskerde jong dwelmhandelaar poseer met sy vuurwapens in ’n krotbuurt van Rio de Janeiro, Brasilië. Tieners dra openlik vuurwapens terwyl hulle as wagte, verspieders en verspreiders vir die plaaslike dwelmbase dien. ’n Paar kilometer verder weg gaan derduisende toeriste en atlete eersdaags vir die 2016 Rio Olimpiese Spele aankom. Foto: AP Photo/Felipe Dana//wire.africannewsagency.com

Werkers van die Gerdau-staalfabriek hanteer ’n deel van meer as 7 000 wapens wat deur die Los Angeles County Sheriff’s Department ingesamel of op beslag gelê is, tydens die agentskap se jaarlikse geweersmelting by die Gerdau-staalfabriek in Rancho Cucamonga, Kalifornië. Die handwapens, gewere en semi-outomatiese wapens is in die fabriek se smeltoond gestort, waar dit gesmelt en in versterkingstawe ingesmee is. Die stawe sal vir konstruksiewerk gebruik word. Foto: Carlos Puma/Gerdau Steel Mill via AP/wire.africannewsagency.com

Werkers van die Gerdau-staalfabriek hanteer ’n deel van meer as 7 000 wapens wat deur die Los Angeles County Sheriff’s Department ingesamel of op beslag gelê is, tydens die agentskap se jaarlikse geweersmelting by die Gerdau-staalfabriek in Rancho Cucamonga, Kalifornië. Die handwapens, gewere en semi-outomatiese wapens is in die fabriek se smeltoond gestort, waar dit gesmelt en in versterkingstawe ingesmee is. Die stawe sal vir konstruksiewerk gebruik word.
Foto: Carlos Puma/Gerdau Steel Mill via AP/wire.africannewsagency.com

’n Beeldhouwerk van die Olimpiese Ringe, simbool van die Olimpiese Spele, word ingehuldig by die Copacabana-strand in die suide van Rio de Janeiro, Brasilië. Die kunstenares, Elisa Brasil, het die beeldhouwerk geskep om die wêreld bewus te maak van die Olimpiese ideaal van kontinentale integrasie. Foto: Xinhua/Celso Barbosa/AGENCIA ESTADO/wire.africannewsagency.com

’n Beeldhouwerk van die Olimpiese Ringe, simbool van die Olimpiese Spele, word ingehuldig by die Copacabana-strand in die suide van Rio de Janeiro, Brasilië. Die kunstenares, Elisa Brasil, het die beeldhouwerk geskep om die wêreld bewus te maak van die Olimpiese ideaal van kontinentale integrasie.
Foto: Xinhua/Celso Barbosa/AGENCIA ESTADO/wire.africannewsagency.com

Belgiese vegvliegtuie maak van rooi, geel en swart rookbaniere gebruik om die lug met België se nasionale kleure te “verf”, tydens die Belgiese Nasionale Dag in Brussels. Foto: AP Photo/Geert Vanden Wijngaert/wire.africannewsagency.com

Belgiese vegvliegtuie maak van rooi, geel en swart rookbaniere gebruik om die lug met België se nasionale kleure te “verf”, tydens die Belgiese Nasionale Dag in Brussel.
Foto: AP Photo/Geert Vanden Wijngaert/wire.africannewsagency.com

 ’n Standbeeld ter viering van “Captain America” se 75ste bestaansjaar word vertoon tydens die eerste dag van Comic-Con International in San Diego, Kalifornië. Foto: Al Powers/Invision/AP/wire.africannewsagency.com

’n Standbeeld ter viering van “Captain America” se 75ste bestaansjaar word vertoon tydens die eerste dag van Comic-Con International in San Diego, Kalifornië. Foto: Al Powers/Invision/AP/wire.africannewsagency.com

Die 11de Panchen Lama, Bainqen Erdini Qoigyijabu, lewer ’n preek tydens die Kalachakra-ritueel in Xigaze, ’n selfregerende Tibettaanse streek in die suidweste van China. Die Kalachakra- (wiel van tyd-) ritueel is gewy aan Yidam, die Boeddhistiese god van transformasie. Dit sluit ’n reeks tantriese leringe en inisiasies in wat deur ghoeroes verrig word om Boeddhiste deur die lewensiklus te lei. Foto: Xinhua/Purbu Zhaxi/wire.africannewsagency.com

Die 11de Panchen Lama, Bainqen Erdini Qoigyijabu, lewer ’n preek tydens die Kalachakra-ritueel in Xigaze, ’n selfregerende Tibettaanse streek in die suidweste van China. Die Kalachakra- (wiel van tyd-) ritueel is gewy aan Yidam, die Boeddhistiese god van transformasie. Dit sluit ’n reeks tantriese leringe en inisiasies in wat deur ghoeroes verrig word om Boeddhiste deur die lewensiklus te lei.Foto: Xinhua/Purbu Zhaxi/wire.africannewsagency.com

Ridders te perd neem deel aan ’n Middeleeuse steekspeltoernooi buite die Linlithgow-paleis in Linlithgow, Skotland. Die liefdadigheidsorganisasie English Heritage het Donderdag met ’n veldtog begin om die antieke perdesport, steekspel, deel te maak van die toekomstige Olimpiese Somerspele. Foto: Jane Barlow / PA FILE via AP /wire.africannewsagency.com

Ridders te perd neem deel aan ’n Middeleeuse steekspeltoernooi buite die Linlithgow-paleis in Linlithgow, Skotland. Die liefdadigheidsorganisasie English Heritage het Donderdag met ’n veldtog begin om die antieke perdesport, steekspel, deel te maak van die toekomstige Olimpiese Somerspele.
Foto: Jane Barlow / PA FILE via AP/wire.africannewsagency.com

Twee robbe speel in ’n interaktiewe gebied van die Harbin Polarland-akwarium in Harbin, die hoofstad van die Heilunkiang-provinsie in noordoostelike China. Ses nuwe robbe het Donderdag in Harbin hul openbare debuut gemaak. Foto: Xinhua/Wang Kai/wire.africannewsagency.com

Twee robbe speel in ’n interaktiewe gebied van die Harbin Polarland-akwarium in Harbin, die hoofstad van die Heilunkiang-provinsie in noordoostelike China. Ses nuwe robbe het Donderdag in Harbin hul openbare debuut gemaak. Foto: Xinhua/Wang Kai/wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.