Die wêreld in foto’s – 22 Maart 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wereld-foto-1

Indiese skoolkinders van Nai Basti, ʼn dorpie naby Nieu-Delhi, tydens die ingebruikneming van ʼn nuwe waterfiltreertoring wat dié dorpie voortaan van skoon drinkwater sal voorsien. Foto: Manish Swarup, AP

wereld-foto-7

Suid-Koreaanse en Amerikaanse vegvliegtuie Woensdag besig om deel te neem aan ʼn opleidingsoefening oor die Koreaanse skiereiland. Foto: AP

wereld-foto-6

Afgaanse meisies besig om warm te bly op ʼn reënerige dag in Kaboel. As gevolg van gebrekkige dreinering word dié stad maklik oorstroom tydens swaar reënbuie. Foto: Rahmat Gul, AP

wereld-foto-8

ʼn Konstruksiewerker in Nieu-Delhi vul sy waterbottel uit ʼn kleipot. Talle mense in Indië hou op dié manier ʼn koel drinkdingetjie byderhand, veral in die somermaande. Foto: Tsering Topgyal, AP

wereld-foto-9

Sjef Mohammed-Faizul Haque beduie in die Londense restaurant Taste of India hoe om ʼn gerookte geur aan geregte te gee. Foto: Matt Dunham, AP

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.