Die wêreld in foto’s – 23 Augustus 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

/wire.africannewsagency.com

ʼn Amerikaanse beesboer, Skeets Dunn, blus ʼn vuur naby sy veeplaas langs South Latah Creek-weg. Foto: Tyler Tjomsland/The Spokesman-Review via AP/wire.africannewsagency.com

/wire.africannewsagency.com

ʼn Onderwyser dra sy dogtertjie op die skouers by ʼn protesoptog in Meksiko-Stad. Verskeie skole in drie Meksikaanse state kon nie met klasse begin nie as gevolg van stakende onderwysers wat protes lewer teen onderwyshervorming wat deur die regering ingestel is. Foto: Marco Ugarte/wire.africannewsagency.com

/wire.africannewsagency.com

ʼn Vliegtuig spuit pienk brandbestrydende poeier op ʼn veldbrand naby Garden City, Utah, in die VSA. Foto: Eli Lucero/The Herald Journal via AP /wire.africannewsagency.com

/wire.africannewsagency.com

Die Republikeinse presidensiële kandidaat, Donald Trump, lewer ʼn toespraak in Akron, Ohio. Foto: Gerald Herbert/wire.africannewsagency.com

/wire.africannewsagency.com

Hillary Clinton, Amerikaanse presidentskandidaat vir die Demokratiese Party, staan reg vir ʼn foto saam met Jimmy Kimmel tydens ʼn opname van die televisieprogram, Jimmy Kimmel Live! in Los Angeles. Foto: Carolyn Kaster/wire.africannewsagency.com

/wire.africannewsagency.com

Rafaela Silva van Brasilië word toegejuig deur ʼn groep kinders met kimono’s in Cidade de Deus nadat hy ʼn goue medalje verower het in judo tydens die Olimpiese Spele. Silva het in dié krotbuurt in Rio de Janeiro grootgeword. Foto: Leo Correa/wire.africannewsagency.com

/wire.africannewsagency.com

Vroue van Iran weef matte tydens die 25ste internasionale skou van handgeweefde matte in Teheran, Iran. Foto: Xinhua/Ahmad Halabisaz/wire.africannewsagency.com

/wire.africannewsagency.com

ʼn Gids by die koningvlinder-reservaat in Piedra Herrada, Mexico, hou ʼn sterwende skoenlapper vas. Storms in dié gebied het talle bome en beskadigde takke laat omval waar koningvlinders die winter deurbring. Foto: Rebecca Blackwell/wire.africannewsagency.com

Dansers maak reg om deel te neem aan die Vloertango-kategorie tydens die Wêreld-tangotoernooi in Buenos Aires, Argentinië. Altesaam 540 paartjies neem deel aan dié kompetisie; 140 van dié paartjies is buitelanders. Foto: Xinhua/Martin Zabala) (da) (vf)/wire.africannewsagency.com

Dansers maak reg om deel te neem aan die Vloertango-kategorie tydens die Wêreld-tangotoernooi in Buenos Aires, Argentinië. Altesaam 540 paartjies neem deel aan dié kompetisie; 140 van dié paartjies is buitelanders. Foto: Xinhua/Martin Zabala) (da) (vf)/wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Paul ·

Judo-kleredrag is nie kimonos nie. Die bostuk herinner wel ietwat aan ‘n kimono in terme van die snit daarvan, maar dit is nie een nie.
Judo-kleredrag word judogi genoem.

KarooKlong ·

Dankie vir die foto’s. Lekker alternatiewe gewoonlik stimulerende leesstof.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.